24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Oupa sterf in reddingspoging

’n TRAGEDIE het hom Sondag op Langstrand afgespeel toe ’n inwoner van Walvisbaai die see ingestorm het om sy kleinkinders te red en in die proses aan ’n hartaanval gesterf het.

Volgens sy dogter, me. Zanobia Johannes, het mnr. Moegamat Armien Kamaldien (65) probeer om sy twee kleinkinders te help wat deur die branders ingetrek was. Hy het tydens die reddingspoging ’n hartaanval gehad en hy het op die toneel gesterf. Die twee kinders is deur onbekende weldoeners veilig aan wal gebring.

Mnr. Kamaldien was lank by die Walvisbaaise munisipaliteit werksaam en het later sy eie onderneming, Armien Construction, op Walvisbaai bedryf.

René Burger