24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Ouers soek antwoorde vir Baumgartsbrunn

© Theo Gurirab
Die ouers en kinders wat aan die optrede deelgeneem het.

DIE toekoms van Baumgartsbrunn se skool is in die weegskaal ná die ouers wat hul kinders daar ingeskryf het, gister besluit het om die skool “gyselaar” te hou tot tyd en wyl hul griewe deur ’n verteenwoordiger van die Minister van Onderwys aangehoor word.

Sedert 06:00 was die skoolaktiwiteite tot ’n halt geroep en die skoolperseel was in rep en roer nadat die ouers die ingang na die skoolhoof se kantoor beset het.

Die skoolhoof en van sy personeellede het buite onder bome gestaan en die petalje gadegeslaan, terwyl die ouers en kinders singend stelling ingeneem het reg voor die deur van die skoolhoof se kantoor.

Die ouers wat op Baumgartsbrunn werk, ouers van die omliggende plase, asook die verteenwoordigers van die Khomanin-tradisionele owerheid wat die skoolgrond beset het, het gedreig om nie ’n voet te versit voor ’n afvaardiging van die Ministerie van Onderwys na hul griewe luister en hulle te woord gestaan het nie.

In ’n petisie in besit van Republikein betoog die ouers dat die opleidingsproses van die skool in die afgelope tyd agteruit gegaan het, geen vordering gemaak is in die opleiding van kinders in die hoër primêre fase, en dat die opleiding in Engels as vak baie swak is.

“Die kinders by hierdie skool kan nie eens lees nie. Hulle kan nie sekere take uitvoer nie as gevolg van die leesprobleem en ook omdat hulle glad nie die Engelse woordeskat verstaan nie.

“Die kinders van hierdie skool word nie in die afgelope jare by ander skole in en rondom Windhoek aanvaar nie omdat hulle nie in Engels kan lees of dit skryf nie.

“Ons het opgesom dat die skoolbestuur baie swak is. Instede daarvan om die skool op te bou, word dit deur die skoolhoof en die departementshoof verwaarloos.

“Die tyd het nou aangebreek dat die Ministerie en ons as ouers moet oorweeg om van die onderwysers te verplaas. Hulle is gereeld afwesig van die skool en daar is nie ’n dag waar al die onderwysers teenwoordig is nie. Die skool se boeke word ook nie geoudit nie en die ouers is bang om die skoolgeld te betaal, want ons het die afgelope jare geen finansiële verslae gekry nie. Die borge verdwyn omdat daar geen rekenskap gegee word van wat hulle inploeg nie. Die skoolraad weet ook nie waarheen die geld gaan wat ingesamel word nie.”

Die skoolhoof, mnr. Paul Sauerwein, het op reaksie gesê dat hy bewus is van die probleme by die skool. Hy het die beweerde afwesigheid van die onderwysers tydens skooldae bevestig en gesê dat die wegblystorie ’n ou probleem is.

Mnr. Sauerwein het voorts gesê dat van die onderwysers net tot 13:00 werk en dan teruggaan Windhoek toe terwyl dit ’n koshuisskool is wat beteken dat die onderwysers op hul pos moet inwoon.

“Die onderwysers moet op die skoolperseel woon en soms die swakker kinders met ekstra klasse help. “Die skool gaan agteruit, die ouers bly hier en sien wat aan die gang is,” het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat die kinders wat by die skool ingeskryf word, afkomstig is van die plase in die omgewing en dat hulle oor geen voorskoolse opleiding beskik nie. Dit is baie moeilik om ’n plaaskind daar en dan te leer om Engels te begin skryf, praat of lees, het hy gesê.