Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.02.2010

Oranjerivier styg tot 6 meter by Noordoewer

© A. Jaars
’n Vloedgolf water in die Oranjerivier het Noordoewer Vrydagaand bereik en teen laat gister was die rivier se vlak bykans 6 meter hoog. Die verwagting is dat dit na die einde vandeesweek tot 7 meter sal styg.

MET die hoogste vloei in meer as twintig jaar wat in die Vaal- en laer Oranjerivier gemeet is, het Namibië se regering ’n span uitgestuur om ’n ondersoek en waarskuwingstog langs die laer Oranjerivier te onderneem.

Vrydagaand is die eerste skerp styging in die watervlak en vloei van die rivier by Noordoewer aangemeld.

Die vloedgolf het Noordoewer in volle sterkte bereik en Saterdag die hoogtes wat in 2006 in die rivier gemeet was, verbygesteek. Saterdag het die rivier by Noordoewer met meer as 3 meter binne ’n dag gestyg en was dit 5,27 meter hoog.

een gistermiddag was die rivier 5,90 meter hoog toe dit ’n verdere 63 cm sedert Saterdag gestyg het.

Volgens die rivierverslag toon ’n eerste waardering dat die groot vloede ’n tussenpose van meer as 20 jaar het.

“Dit is definitief die hoogste vloei wat in die Vaal- en Oranjerivier sedert 1988 gemeet is.”

Intussen was die Bloemhofdam gister 105% vol en is die uitlaattempo van water uit die dam tot 1 150 m³/s verminder.

Verder het watervlak en vloei by die Vaal/Oranje samevloeiing (Katlani) teen gister begin daal nadat die piek Saterdagoggend daar verby beweeg het. By Katlani was die Oranjerivier gister 6,82 meter hoog.

Die maksimum vlak en vloei in die laer Oranjerivier word teen die einde van die week verwag wanneer die rivier moontlik 7 meter sal bereik. Die verwagting is dat talle laerliggende besproeiingsgebiede by Noordoewer oorspoel sal word.

Tans is die Aussenkehr omgewing meer veilig en word die situasie deur ’n hidrologiespan by Noordoewer gemonitor.

By Rundu is die vloed in die Kavangorivier besig om af te neem en geen berigte van reën of nuwe vloede is aangemeld nie.

By Katima Mulilo handhaaf die Zambezirivier ’n stelselmatige styging. Nasa se satellietbeelde dui swaar reën in die opvangsgebied van die rivier aan en voorspel verdere reën.

Droër toestande heers in die Cuvelai met water in die oshanas wat uitvloei.