
Die eerste en blykbaar die enigste skets van ses van die sewe skepe van Portugal se 1533-vloot na Indië waarvan die “Bom Jesus” nie haar eindbestemming bereik het nie. Die vloot het onder bevel gestaan van die twee meesterkapteins, Don Gonçalo Coutinho en Don João Pireyra. Die “Bom Jesus” onder bevel van Francisco de Noronha het “iewers by die Kaap van Goeie Hoop” in ‘n storm verdwyn net om 500 jaar later op Namibiese grond gevind te word. Francisco de Noronha was van adellike afkoms en was die Ridder van Santiago in die koningshuis van Odemira. Die skets van die sewe vaartuie is opgeneem in die boek, O Livro das Armadas Memória das Armadas, en dateer uit die jare na 1566. Die skilder is onbekend. Foto’s en inligting is vanuit Lissabon deur dr. Alexandre Monteiro verskaf.

Die skildery van die “Bom Jesus” wat in April vanjaar in die diamantgebied by Oranjemund gevind is. Dit is opvallend dat die skip se seile op dié skets net bo die water uitsteek met die onderskrif "perdido" wat aandui dat dit vergaan het.