20.03.2010 Optog vier 20 jaar se dienslewering
’n LANG ry sierwaens van staatsinstellings, Windhoek se plaaslike owerhede en private maatskappye het vanoggend die hoofstad op horings geneem as deel van Namibië se 20ste onafhanklikheidherdenkinge.
Onder meer die Ministerie van Visserye, Windhoeks se brandweer, Lughawensmaatskappy (NAC) en Namibiese Brouery het deelgeneem aan die juigende vlag- en ballonparade.
Die Namibiese Weermag het tydens die optog ook 'n parade gehou en hulle vegtoerusting aan Namibiërs ten toon gestel. As deel hiervan het die Namibiese Lugmag ook verbygeswiep.
Baie motoriste het uitgeklim om die fees te aanskou, terwyl haastiger inwoners U-draaie gemaak het om via ’n ander roete by hul bestemming te kom.
Die foto's is deur Floris van Schouwenburg geneem.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon. In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.
|