24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

5.03.2010

Opposisie wag met uitspraak

© Republikein
Mnr. Hidipo Hamutenya
DIEIE president van die Rally for Democracy and Progress (RDP), mnr. Hidipo Hamutenya, wou laat gister na kajuitraad met die leiers van ander partye wat die mislukte aansoek oor verlede jaar se verkiesingsuitslae uitgebring het, nie duidelik standpunt inneem oor die pad nou dat die geskil verwerp is nie.

“Dit is ’n grap,” het die RDP-leier egter oor die uitspraak opgemerk.

“Die aansoek is verwerp weens tegniese kwessies, omdat dit effens laat was, maar niemand by die hof het op die dag toe dit ingedien is beswaar gemaak nie.”

Mnr. Hamutenya weet nie hoekom daar oor twee dae met soveel geduld na argumente oor die meriete van die saak geluister is as die aansoek tegnies gedoem was nie. Die regte kwessies is volgens hom nooit bespreek nie. Solank daar vrae oor die professionaliteit en regverdigheid van die Verkiesingskommissie (ECN) bestaan, is dit volgens mnr. Hamutenya dalk nie in die belang van demokrasie en ’n tweede ronde nasionale verkiesings in November vanjaar ’n beter taktiek om die nederlaag te aanvaar en die regbank te bedank vir sy onafhanklikheid nie.

“Is ons regtig in ’n gemeenskap waarin verkiesings professioneel, doeltreffend en regverdig bestuur word?” wou hy weet. Die antwoord op die vraag sal volgens mnr. Hamutenya nie net November se streek- en plaaslike verkiesings beïnvloed nie, maar elke verkiesingstryd daarna.

As nuwe, amptelike opposisie het die RDP ’n groot saambindende rol gespeel in die nege partye se strategie wat die aansoek ingedien het.

Leiers van die partye sal volgens mnr. Hamutenya vanoggend opnuut vergader om die redes vir die uitspraak behoorlik onder oë te neem voor hulle die pad vorentoe uitstippel.

Partyleiers, ander belanghebbendes en diplomate het gistermiddag saam met Jan Alleman die hof volgepak om na die uitspraak te luister. Baie mense moes buite wag.

Dr. Elijah Ngurare, sekretaris van Swapo se Jeugliga, het buite die hof gesê hy hoop die aansoekers is so skaam dat hulle nooit weer die hele land gyselaar hou weens “persoonlike ego’s” nie.

Die Minister van Presidensiële Aangeleenthede en Waarnemende Prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, het ’n meer versoenende boodskap gehad.

“Hofsake is soos sokkerwedstryde,” het hy gesê. “Daar moet ’n wenner en ’n verloorder wees.”

Dr. Kawana het die hoop uitgespreek dat nie net die betrokke politieke partye nie, maar alle burgers die geskil agter hulle sal plaas en op ’n versoenende wyse sal saamwerk om dadelik weer nasionale belange voorop te plaas.

’n SMS het die hof se beslissing binne sekondes na duisende ondersteuners regoor die land gekommunikeer.

“Kamerade, geregtigheid het geseëvier,” het die blitsboodskap gelees.

Ondersteuners van die regerende party het in feestelike luim na die party se hoofkwartier in Katutura vertrek en ook op pad vir vreugdedanse stilgehou.

Die fees sou volgens inligting tot laatnag duur, met die uitslag van Okahandja se tussenverkiesing wat sommer saam gevier sou word.