24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

16.02.2010

Opposisie vry na Okahandja-kiesers

© Fred Goeieman
Die verenigde front van die opposisiepartye het Sondag ’n optog deur Okahandja en sy woonbuurte gehou voor hul eerste gesamentlike openbare vergadering in Shetu-woonbuurt.

DIE tussenverkiesing vir die Okahandja kiesafdeling kan die politieke gang vir die hele Namibië verander en dus beteken ’n stem vir die kandidaat van die opposisiepartye, ’n stem vir verandering en vooruitgang.

Inwoners is Sondag deur die verteenwoordiger van die UDF, mnr. Pieter Kausiona, by die eerste gesamentlike openbare vergadering van die opposisiefront op die dorp versoek dat hulle op 24 Februarie, die datum van die tussenverkiesing vir die kiesafdeling, moet verseker dat die opposisiekandidaat, me. Christophine Kiito Paulus, wen.
© Fred Goeieman
Ondersteuners van Swapo en die opposisiepartye wat Sondag op Okahandja was vir openbare vergaderings, tart mekaar uit met slagspreuke tydens die opposisie se straatoptogte.
Me. Paulus het op haar beurt gesê tydens haar ampstermyn as burgemeester van Okahandja het sy vele positiewe en sigbare verandering in die lewens van inwoners van die dorp en Vyfrandkampnedersetting in die buitewyke teweeg gebring. ’n Skoenfabriek, ouetehuis asook vullisdrome vir ’n skoonmaakveldtog in die informele woonbuurte is tydens haar ampstermyn beskikbaar gestel.

Sy wou midde die huidige woelinge binne Swapo op Okahandja weet: “Kiito is mos nie meer daar nie, wie maak Swapo nou deurmekaar op Okahandja?” Intussen het mnr. Rudolf Kamburona van die RDP in sterk bewoorde taal vir Nampa en NBC van die vergadering weggejaag aangesien hulle “nie objektief in hul verslaggewing is nie”.

Hy het die nasionale uitsaaikorporasie uitgekryt as die Nujoma Broadcasting Corporation. “Hulle doen net verslag oor Swapo-aktiwiteite. Hulle sny die boodskappe van die opposisiepartye. Verander jul houding en versprei gebalanseerde inligting, andersins sal die opposisiepartye hul volgelinge mobiliseer om nie lisensiegeld aan die NBC te betaal nie,” het hy gedreig.
© Fred Goeieman
Me. Christophine Kiito Paulus van die Rally of Democracy and Progress is die opposisiepartye se kandidaat in die tussenverkiesing van die Okahandjakiesafdeling op 24 Februarie.
Mnr. Henk Mudge van die Republikeinse Party het gesê die opposisiepartye se hofsaak teen die Verkiesingskommissie en Swapo is ’n verleentheid vir die land en bygevoeg dat ander lande sal dink Namibië is ’n piesangrepubliek.

Hy het elke landsburger versoek om ’n organiseerder vir die verenigde front van die opposisiepartye te wees. Hy het gesê Namibiërs moet wakker word aangesien Swapo ’n ander agenda het. “Swapo het ’n doel om die land se burgers arm te hou. Arm mense is moedeloos en ongeletterd. Namibiërs moet saam staan en ontslae raak van die Swapo-regering,” het mnr. Mudge gesê.

Die visepresident van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Alfred Chilunda, het opgemerk dat iets drasties verkeerd moet wees met ’n vrou wat 20 jaar swanger is.

Die swanger vrou, Swapo, moet ondersoek word en die platform van die verenigde front van die opposisiepartye tydens die tussenverkiesings van die Okahandja-kiesafdeling moet verseker dat Swapo in die vullisdrom beland. Volgens hom is die party soos ’n volstruis wat sy kop in die sand steek en nie na mense se probleme wil luister nie.