24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

17.03.2010

Opposisie sê vandag


Mnr. Theo-Ben Gurirab
OPPOSISIEPARTYE wat setels in die Nasionale Vergadering (NV) verower het, maar steeds in ’n hofstryd oor die verkiesingsuitslae gewikkel is, kon gisteraand besluit om wel Vrydag ingesweer te word.

“Die Auasberge gaan nêrens heen nie,” het die Speaker van die NV, mnr. Theo-Ben Gurirab, gister aan lede van die huis gesê.

“En kameraad Hifikepunye Pohamba is en sal die President van die Republiek van Namibië wees. Kom ons beweeg vorentoe in vertroue.”

Die program van die nuwe NV, het hy gesê, sal bepaal word sodra die nuwe Kabinet en “ander oorwegings gefinaliseer is.”

Mnr. Tsudao Gurirab van die Congress of Democrats (CoD) sê opposisiepartye het Maandagaand besluit om eers hul regsgeleerdes oor die insweringstameletjie te raadpleeg.

Gisteroggend is hulle meegedeel dat hulle wel ingehuldig kan word, maar dat hulle dan ’n brief aan die Speaker kan rig waarin hulle aandui dat die inswering voorwaardelik is, hangende die uitslag van die Hooggeregshof se beslissing. Hulle sal ook al hul regte sodoende voorbehou.

Nog ’n vergadering is vir gisteraand belê waartydens die partye finaal hul posisies sou oorweeg en besluit op die pad vorentoe.

Die Speaker het gister amptelik aangekondig dat die laaste sittingsdag van die vierde Nasionale Vergadering môre sal wees.

“Soos in die verlede, hoef ons vir nou net aan ons stoele vas te hou en te wag tot ons vertel word wat in orde is om vir die toekoms te beplan, wanneer ons weet wat die stand van sake is.”

Een van die Grondwetskrywers, mnr. Hartmut Ruppel, het aan Republikein gesê selfs al sou die lede van die opposisiepartye besluit om nie ingesweer te word nie, sal die NV steeds met sy werksaamhede kon voortaan omdat Swapo se 54 lede voldoende vir ’n kworum is.

Ander regsgeleerdes by wie Republikein gaan kers opsteek het, is dit met hom eens.