Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

15.03.2010

Opposisie bly vir eers buite

© Republikein
Mnr. Jeremiah Nambinga
DIE Rally for Democracy and Progress (RDP) se verkose lede van die Nasionale Vergadering (NV) sal nie deel wees van Vrydagoggend se geskeduleerde insweringseremonie nie.

Die vierde Parlement sluit sy werksaamhede Donderdag af en volgens die adjunksekretaris van die NV, mnr. Findley Harker, word die nuwe lede die volgende og- gend ingesweer.

Die eerste werksaamhede van die vyfde Parlement sal reeds die Dinsdag ná die onafhanklikheidsvieringe begin met die Minister van Finansies, me. Saara Kuugongelwa-Amathila, wat kennis sal gee vir die indiening van die begroting vir die 2010/ 2011 finansiële jaar op die Woensdag.

Die RDP se sekretaris van inligting en publisiteit, mnr. Jeremiah Nambinga, het aan Republikein gesê ’n besluit is deur die party geneem dat hul NV-lede nie nou ingesweer gaan word nie.

“Ons wag eers dat die appélsaak afgehandel is, wat dalk nog in April kan wees. Daarna sal die party weer die aspek in oënskou neem.”

Hy sê die ander opposisiepartye sou van die RDP se besluit in kennis gestel word en hulle moet dan self besluit of hul verkose lede ingesweer gaan word.

Die waarnemende Prokureur-generaal, dr. Albert Kawana, sê die dreigende appélsaak sal egter nie in die pad van die Regering staan om wel met die inswering van die parlementslede voort te gaan nie.

“Die termyn van die huidige lede loop teen Onafhanklikheidsdag ten einde en hul posisie moet gevul word,” het dr. Kawana gesê.

In 2000 het Zimbabwe se Movement for Democratic Change ook geweier om as parlementslede ingesweer te word totdat hulle daarna toegelaat is om die hof oor 35 uitslae van kiesafdelings te petisioneer. Elf van die petisies is aangehoor waarvan nege deur die MDC gewen was. Die ander is tot vandag nog nie aangehoor nie.

Dr. Johnathan Makumbe, ’n politieke kenner van die Zimbabwiese Universiteit, sê die Namibiese geval stem in ’n mate ooreen met die 2000-boikot van die MDC-lede.

“Dit is ook ’n geval waar die uitslag van die verkiesing betwis word en indien die partye besluit om hul verkose lede te laat insweer, aanvaar hulle mos die uitslag,” het dr. Makumbe gesê.

Die verwagting is dat Pres. Hifikepunye Pohamba op Onafhanklikheidsdag deur Hoofregter Peter Shivute ingesweer sal word.