24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Oorplanting op Windhoeker suksesvol

© Verskaf
Die Windhoekse egpaar, Liezl en Piet van Schalkwyk, voor die hospitaal in Bloemfontein na afloop van ’n suksesvolle operasie waartydens Liezl ’n nier aan haar man geskenk het.
“’n NUWE lewe het vir ons aangebreek” het ’n dankbare en verligte Liezl van Schalkwyk uit Bloemfontein laat weet na ’n suksesvolle operasie waartydens sy op 25 Januarie ’n nier aan haar man Piet geskenk het.

Liezl het in ’n telefoniese onderhoud aan Republikein gesê dit gaan ‘buitengewoon goed’ met Piet. “Ons albei was vandag (Maandag) by die dokter en volgens hom was die operasie absoluut suksesvol. Die Here is ongelooflik goed vir ons!”

Piet is Vrydag reeds uit die hospitaal ontslaan, terwyl Liezl die vorige Maandag voldoende herstel het om haar hospitaalkamer te kon groet. Sy verduur ook nie enige ongemak of pyn nie.

“Dit gaan elke dag met ons albei ’n bietjie beter.” Piet moet nou twee tot drie maal per week by die internis aanmeld om te sien of alles nog klopdisselboom met die nuwe nier en sy ontvanger gaan. “Die besoeke sluit bloedtoetse in om te sien of sy bloedtellings reg is. Maar die dokter is werklik baie tevrede.”

Volgens Liezl het haar man reeds die dag na die operasie opgestaan en begin rondbeweeg. Sy het egter baie bloed tydens haar operasie verloor en is nog maar baie duiselig.

“Die nier wat oorgeplant is, is amper voor die operasie afgekeur omdat dit anders as die ander een lyk.” Volgens Liezl het dit ’n ekstra lob gehad en was dit baie vol aartjies. “Dit is egter baie mooi uitgehaal.”

Liezl keer die 20ste Februarie terug huis toe waar haar en Piet se twee seuns angstig op hul ouers se terugkeer wag. Die twee seuns het hul ouers danksy die ruim bydraes van hul skool en medeleerlinge voor die operasie met ’n besoek verras.

“Dit was ’n baie groot verrassing! Veral Piet was baie emosioneel met hulle besoek, soveel sy dat sy bloeddruk sommer die hoogte ingeskiet het!”

Piet moet egter nog vir ’n maand in Bloemfontein bly vir deeglike waarneming en om seker te maak die nuwe nier word nie deur sy liggaam verwerp nie.

“Ons wil egter kyk of ons nie die dokter se arm later so bietjie kan draai dat Piet saam met my kan huis toe gaan nie.”

Piet ly aan ’n geneties oorerflike nierverwante siekte wat ook aan sy en Liezl se twee seuns oorgedra is.