TOERISME-ontwikkeling in die verre Suide en verre noordooste van die land sal in Oktober onder die soeklig geplaas word wanneer minstens vier potensiële projekte in twee oorgrensbewaringsgebiede aan beleggers bekend gestel sal word.
’n Toerisme, Gasvryheid en Ontspannings- beleggingskonferensie word vir 20 tot 22 Oktober in Johannesburg, onder die nuwe sambreelhandelsmerk Boundless Africa, beplan om toerisme-aktiwiteite in oorgrensbewaringsgebiede (TFCA’s) aan te wakker met die oog op die 2010 Węreldbekersokkertoernooi.
Deur samesprekinge met Namibië se Ministerie van die Omgewing en Toerisme en streekkoördineerders van die Ai-Ais/Richtersveld Oorgrenspark (ARTP) en die beplande Kavango-Zambezi Oorgrenspark (Kaza- park) het Suid-Afrika se 2010-toerismekomitee ’n lys van potensiële projekte opgestel. In die ARTP is voorgestel dat ’n reeks avontuurkampe tot rushuise en luukse kampe in die Gamkab-spoelvallei neffens die Oranje-rivier en onder meer ’n kamp by die samevloei van die Oranje- en Visrivier ontwikkel word.
Betreffende die geleentheid om infrastruktuur in die ARTP te ontwikkel, is projekte soos die opknapping van die Visrivierbrug op die Jan Haak-pad (Noordoewer na Rosh Pinah), algemene opgradering van die pad en ’n hoofkwartier vir parkbestuur en toerismeinligting by die Dreigat-hek van die ARTP geďdentifiseer. In die Caprivi-streek, wat deel vorm van die Kaza-Park (saam met Angola, Zambië, Zimbabwe en Botswana), word die ontwikkeling van die waterfront by Katima Mulilo hoog op die prioriteitslys gestel.
Die ontwikkeling van ’n eilandsafari- produk word ook ondersoek. “Die groot rede waarom die konferensie aangebied word is omdat daar grootliks beperkte bewusmaking onder internasionale beleggers is én as gevolg van ’n gebrek aan kompakte en saamgestelde beleggings vir hulle,” sę me. Deborah Kahatano, programbestuurder: TFCA 2010-ontwikkelingseenheid.
Die TFCA 2010-ontwikkelingseenheid het volmag van die SAOG ontvang om toerisme-aktiwiteite in die aanloop tot die Węreldbekersokkertoernooi te aktiveer, veral met betrekking tot TFCA’s. “Gevolglik stel ons pakkette saam en word al dié inligting asook die vereistes om in verskillende lande te belę, saamgestel en sal dit in ’n katalogusvorm voor en tydens die beleggerskonferensie vrygestel word.”
Me. Kahatano het verlede week tydens ’n slypskool met rolspelers in die Namibiese toerismesektor vergader om juis die doel van haar eenheid en die beleggerskonferensie te bespreek. Toe het sy gesę die hoofdoel van die konferensie is om nuwe gasvryheid- en ontspanningsprodukte vir TFCA’s te ontwikkel om die gebiede meer toeganklik vir toeriste te maak én die ekonomiese groei van die streek aan te moedig.
“Tydens die konferensie sal belangstellende beleggers met die betrokkenes, finansiers en besluitnemers gesels om eerstehandse inligting oor projekte te kry.” Inligting oor die konferensie kan van www.boundlessinvest.com ver- kry word.