24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

21.10.2009

Onmin oor Swapo-vlag in boom


Deel van die DTA-skare op Oshivelo.

• Placido Hilukilwa by Oshivelo
 
DIE visepresident van die DTA van Namibië, mnr. Phillemon Moongo, het die naweek die regerende party van blatante anti-demokratiese provokasie beskuldig.

Die beskuldiging volg nadat ’n onbekende persoon ’n Swapo-vlag in die boom aangebring het waaronder ’n DTA-vergadering Vrydag op Oshivelo moes plaasvind.

“Toe ons gister (Donderdag) begin het om hierdie plek vir ons vergadering voor te berei, was daar nie ’n Swapo-vlag in hierdie boom nie. Iemand wat die demokrasie as ’n irritasie beskou, het die Swapo-vlag gisteraand of vroeg vanoggend aangebring. Hierdie boom behoort egter nie aan Swapo nie, maar aan die Oshivelo-gemeenskap,” het hy gesê.

Nog ’n bewys van “Swapo se anti-demokratiese neigings” was volgens mnr. Moongo die feit dat die eienaar van ’n nabygeleë sjebeen luidsprekers gebruik het om Swapo-musiek te speel en doelbewus die DTA-vergadering te ontwrig.

Mnr. Moongo het ook sy ontevredenheid uitgespreek oor die “diskriminerende verskuiwings” van die San-inwoners vanaf Oshivelo om plek te maak vir ’n nuwe weermagbasis.

“Pleks om die San-inwoners te verskuif, is dit die weermagbasis wat veronderstel was om ver van die Oshivelo-nedersetting gevestig te word. Dit wat die Regering doen, is geensins hoe die voorheen minderbevoorregtes opgehef word nie,” het hy gesê.

Nog ’n spreker, mnr. Higinus Daniel-Kaya, het sy ontevredenheid uitgespreek oor mense wat vir Swapo stem, maar wat na die DTA-leiers hardloop wanneer die Swapo-regering begin om hul belange te vertrap. “Hoekom stem julle nie eerder vir die DTA wat jul belange op die hart dra nie?”

Hy het die gebrek aan gesondheidsgeriewe as voorbeeld voorgehou dat Swapo die inwoners van Oshivelo slegs as stemvee beskou.

“Die naaste hospitale is op Tsumeb en op Onandjokwe, onderskeidelik 90 kilometer en 150 kilometer vanaf Oshivelo. Swapo voel niks vir jul gesondheid nie,” het hy gesê.

Hy het sy party se ondersteuners versoek om vasbeslote en vol hoop te wees. “Moenie bang wees nie. Die land se Grondwet is aan ons kant,” het hy gesê.

Op haar beurt het DTA se me. Julia Nghikufilwa gesê Swapo se verskoning dat die Regering wat in 1990 aan die bewind gekom het steeds “maar net ’n baba is”, is onaanvaarbaar.

“Indien die Swapo-regering 20 jaar na onafhanklikwording steeds maar net ’n klein baba is, dan is dit ’n buitengewone baba. Daar is iets ernstig verkeerd met hierdie Swapo-baba.”

Volgens haar gebruik Swapo die verskoning omdat dit gefaal het om noodsaaklike dienste aan die inwoners te lewer. Wanneer miljoene Namibiese dollar in buitensporige projekte soos die nuwe Staatshuis gepomp moet word, is die Regering skielik nie langer ’n klein baba nie.

Intussen het mnr. Moongo sy verkiesingsveldtog na die Ohangwena- streek geneem waar hy Sondag ’n vergadering op Helao Nafidi toegespreek het.