24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Onderwys, Fundamentele Regte en Privaatheid

Die Grondwet: Artikel 20 – Onderwys en Artikel 13 – Privaatheid

© Republikein
Onderwys
 
1. Alle persone is geregtig op onderwys.

2. Primêre onderwys is verpligtend en die staat moet redelike fasiliteite beskikbaar stel om hierdie reg aan elke inwoner van Namibië te verseker, deur staatskole op te rig en in stand te hou waar primêre onderwys gratis voorsien sal word.

3. Kinders mag nie toegelaat word om die skool te verlaat alvorens hulle hul primêre onderwys voltooi het of die ouderdom van sestien (16) bereik het nie, wat ook al eerste mag wees, behalwe insoverre dit deur ’n wet van die Parlement gemagtig word om mediese of ander oorwegings wat in openbare belang is.

4. Alle persone het die reg om op eie koste privaatskole, of kolleges of ander inrigtings van tersiere opleiding in te stel en te onderhou: met dien verstande dat:

(a) sodanige skole, kolleges of inrigtings van tersiere onderwys geregistreer is by ’n staatsdepartement ooreenkomstig enige wet wat sodanige registrasie wettig en reguleer;

(b) die standaarde wat deur sodanige skole, kolleges of ander inrigtings van tersiere onderwys gehandhaaf word, nie laer is as die standaarde wat gehandhaaf word in vergelykbare skole, kolleges of inrigtings van tersiêre onderwys wat deur die staat gefinansier word nie;

(c) geen beperkings hoegenaamd opgelê word met betrekking tot die toelating van leerlinge gebaseer op ras of kleur nie;

(d) geen beperkings hoegenaamd opgelê word met betrekking tot die aanstelling van personeel gebaseer op ras of kleur nie.
Privaatheid
 
1. Nieman d mag blootgestel word aan inmenging in die privaatheid van hul huise, korrespondensie of kommunikasie nie behalwe soos ooreenkomstig die wet en wat nodig is in ’n demokratiese gemeenskap in belang van nasionale veiligheid, openbare veiligheid of die ekonomiese welstand van die land, vir die beskerming van gesondheid en sedelikheid, vir die voorkoming van wanorde of misdaad of vir die be- skerming van die reg of vryheid van ander persone.

2. Visentering van ’n persoon of huise van individue is slegs geregverdig:

(a) waar gemagtig deur ’n bevoegde regterlike beampte;

(b) in gevalle waar vertraging om sodanige regterlike magtiging te verkry, die gevaar inhou dat die doeleindes van visentering of die openbare belang sal benadeel, en sodanige prosedure soos voorgeskryf deur ’n wet van die parle- ment om misbruik uit te sluit, behoorlik nagekom word.