20.11.2009 Ondersoek bedrog, vra CoD
DIE Congress of Democrats (CoD) het ’n dringende beroep op die polisie gedoen om ondersoek na beweringe van verkiesingsbedrog deur die regerende Swapo-party in te stel. Die CoD sê in ’n verklaring gerugte van verkiesingsbedrog doen reeds die afgelope maande die ronde in die gemeenskap.
Hierbenewens het sowel die leier van die Rally for De- mocracy and Progress (RDP), mnr. Hidipo Hamutenya, as die voormalige direkteur van ver- kiesings, mnr. Fillemon Kani- me, wat met die vorige verkiesings nog lede van Swapo was, beweringe van verkiesingsbedrog gemaak, iets wat die CoD as geloofwaardig beskou.
“Teen hierdie agtergrond vra die CoD die polisie om ’n on- dersoek te gelas na wat nou al vir ’n geruime tyd in die land aan die gang is. Die ondersoek sal ook die polisie in ’n beter posisie plaas om verdere ver- kiesingsbedrog in die land te voorkom. Verkiesingsbedrog is volgens ons ’n baie ernstige misdaad wat met wortel en tak in ons gemeenskap uitgeroei moet word. Dit ondermyn die fondamente van ons nasie se grondwetlike demokrasie. Ver- kiesingsbedrog ontneem die Namibiese mense van hul stem en politieke opportuniste eien hulself stemme toe wat hulle nie toekom nie.
“Die CoD is ook van mening dat mnr. Hamutenya nie vryge- skeld kan word van hierdie beweringe nie omdat hy ’n lid van die regerende party se politburo was. As verkiesingsbedrog gepleeg is, was hy en ander lede van die RDP deel daarvan. “Ons doen ’n beroep op mnr. Hamutenya om die nasie mee te deel hoe verkiesingsbedrog gepleeg is en wie die groot- ste slagoffers van die bedrog was.
“Die CoD is ook besonder bekommerd oor die kie- serslys en die feit dat dit tot nou toe nie duidelik is hoe- veel kiesers in die komende verkiesings in staat sal wees om te stem nie. Die CoD sal ouditeure en regs- verteenwoordigers nader om die kieserslys na te gaan en te bepaal wat ons dan te doen staan.
“In die lig van die aantygings wat gemaak word oor verkiesingsbedrog kan die CoD nie enige iets aan die noodlot oorlaat nie. Ons meen dit is onwys om die verkiesings te laat voortgaan terwyl die pre- siese aantal geregistreerde kiesers nie bekend is nie. Dit skep ’n omgewing waar spookkiesers stemme kan uitbring ten gunste van diegene wat nou aan bewind is,” lui die verklaring van die CoD.
|