
Onderrighulpmiddels ter waarde van N$58 000 is deur die Rotariërklub in Windhoek aan die Laerskool Martti Ahtisaari in Katatura oorhandig. Die skenking is deur die Rotariërklub Pasila in Frederiksberg in Finland, die Rotariërstigting en die plaaslike Rotariërklub in Windhoek moontlik gemaak. Leerlinge vanaf graad 1 tot 4 sal hierby baat. Volgens die skoolhoof, mnr. Hannes Böck, sal dié hulpmiddels kinders aanmoedig om te leer en hulle gevolglik beter werk laat lewer. Die skenking sluit onder meer werkboeke, plakkate, handboeke, onderrigspeletjies en legkaarte in. Hier spog die skoolkinders met hul nuwe leermiddels.