24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.11.2009

Omusati ‘bevry’ sê RDP


Deel van die skare wat die RDP-vergadering op Outapi bygewoon het.

DIE Omusati-streek is weer by die res van Namibie “ingelyf”. Diegene wat probeer het om die streek van die res van die land af te stig, moet net soos die Caprivi-afstigers vervolg word, het RDP-leiers Sondag op die party se eerste vergadering op Outapi gesê.

“Vandag is ‘n geskiedkundige dag, die dag dat Omusati bevry is. Die dinamiese inwoners van hierdie streek is tot dusver verbied om na ander politieke partye te luister, maar ek verklaar vandag dat Omusati bevry is. Dit is nou oop vir alle politieke partye in Namibië. Almal kan hul vergaderings hier kom hou, ons het die weg gebaan,” het ‘n trotse sekretaris-generaal van die RDP, mnr. Jesaja Nyamu, gesê.

Mnr. Nyamu het pogings om Omusati as ‘n “no go area” vir opposisiepartye as die “gees van Muyongo” bestempel.

Hy het voorts gesê: “Ek is lief vir hierdie streek en sy dinamiese inwoners, maar hulle word tans deur ‘n kliek mislei om te glo dat hulle ‘n aparte republiek is”. Mnr. Nyamu het egter sy sterkste kritiek vir die NBC gebêre.

“Die NBC het ‘n werktuig van sensuur geword, ‘n algehele skande. Wat hulle tans doen, het Kommuniste gedoen, maar hulle het uiteindelik misluk,” het hy gesê. Volgens hom sal die RDP nie daaroor huil nie, maar “ons het kennis geneem van die NBC se wangedrag”. Hy het die nasionale uitsaaier met ’n boikot gedreig.

“Ons sal nie ons TV-lisensies betaal nie … laat hulle hul geld by Swapo en die Pakistani’s gaan kry,” het hy gesê. Mnr. Nyamu het ook oor korrupsie, die wanbesteding van staatsbronne en die Chinese faktor gepraat.

Volgens hom is daar leiers in die Swapo-regering wat slapelose nagte het, besig om planne te maak oor hoe en hoeveel om uit die staatskoffers te steel. Mnr. Nyamu het sy vrees uitgespreek dat Namibië deur Chinese gekoloniseer sal word.

“Ons moenie die Chinese haat nie, maar Namibiese belange moet altyd eerste gestel word.” Mnr. Nyamu, wat sy party se toekomsplan vir Namibië uiteengesit het, het die inwoners versoek om vir sy party te stem.

“Vorige verkiesings was nie vry nie en onregverdig,” het hy gesê en bygevoeg dat diegene wat die RDP met dagvaarding dreig, maar kan voortgaan.

“Gaan voort, ons sal die waarheid vertel,” het hy gesê.

Op sy beurt het RDP se mnr. Martin Heita gesê: “Omusati is ‘n integrale deel van Namibië. Dit is nie ‘n eiland nie.”

Volgens hom praat die RDP van vrede en eenheid, waar diegene wat “no go areas” skep, besig is om die mense te verdeel.

Mnr. Nikanor Ndjoze het gesê waar Swapo-ondersteuners in November 2008 daarin geslaag het om ‘n beplande RDP-vergadering op Outapi te ontwrig, hul pogings hierdie keer misluk het.