Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.02.2010

Omitiomire: Impak op grondwater skep kommer

© www.interbasemetals.com
Die ligging van die Omittiomire-projek, volgens die webwerf www.interbasemetals.com

TWEE openbare vergaderings is onderskeidelik op Okahandja en in Windhoek gehou om die voornemende Omitiomire Koperprojek, 40 km suid van Hochfeld, te bespreek.

Die vergaderings is aangebied deur A. Speiser Environmental Consultants (ACEC), die konsultantemaatskappy vir die omgewing wat deur die Australiese mynmaatskappy, Craton Mining and Exploration, aangestel is om die omgewingsimpakstudie van die Omitiomire Koperprojek te doen.

Die openbare konsultasiefasiliteerder van ASEC, me. Auriol Ashby, asook mnr. Karl Hartmann van Craton het die vergaderings gelei.

Die doel van die proses van openbare deelname is om te verseker dat enige persoon of organisasie wat deur die projek beïnvloed word of daarin geïnteresseerd is, van die situasie ingelig word en hul sieninge en kommer daaroor kan uitspreek. Dit vorm deel van die koperprojek se voor-uitvoerbaarheidstudie.

Volgens me. Ashby het sowat 30 mense die vergadering op Okahandja bygewoon. Omliggende boere van die plaas Groot Omitiomire, die tersaaklike gebied waar ’n volwaardige kopermyn moontlik ontwikkel kan word, het ’n komitee gestig om die aangeleenthede te bespreek.

In Windhoek het sowat 60 belangstellendes die vergadering bygewoon en onder meer die sleutelomgewingskwessies bespreek, naamlik die potensiële impak van die kopermyn op omliggende kommersiële plase, grondwater, veral betreffende die verandering van die vloei van die Swart Nossobrivier, die verlegging van die MR53- grondpad en akkommodasie vir mynwerkers.

Daar is veral gefokus op die kwessie van grondwater: die moontlike besoedeling van grondwater tydens die konstruksie en bedryf van die myn; die moontlike verlaging van die watervlak in die gebied weens die ontwatering van die oopgroepmyn en die bron van die massawatervoorsiening.

Wat die akkommodasie vir mynwerkers betref, het mnr. Hartmann gesę dat beplan word om enkelkwartiere te bou en dat mynwerkers weeklikse skofte gaan werk. Studies wat nog gedoen moet word, is onder meer die grondwatermodel, die verandering van die vloei van die Swart Nossobrivier, die verlegging van die MR53- grondpad, luggehalte, geraasbesoedeling, berging van afvalmateriaal op die terrein, die konstruksiekamp en mynnedersetting op die terrein en die krag- en watervoorsieningroetes deur NamPower en NamWater.

Groot Omitiomire behoort aan mnr. Japie Steyn en die huidige grondwaarde van die plaas is N$25 miljard, volgens Craton. Die Steyns was nie teenwoordig op die vergaderings nie, maar het telefonies teenoor Republikein bevestig dat hulle positief is oor die voorgenome ontwikkeling. “Ons werk nóú saam met Craton,” het me. Steyn gesę.

Mnr. Steyn was voorheen betrokke by mynboubedrywighede in Suid- Afrika en bied waar moontlik sy kundigheid aan. Volgens die Steyns en mnr. Hartmann is dit onbekend of Craton die plaas gaan koop.

’n Buurman het ook na die vergadering in Windhoek teenoor Republikein bevestig dat hy nie gekant is teen die voorgenome ontwikkeling nie.

“Ek is positief oor die myn met die oog op ontwikkeling van ons land en veral Visie 2030. Boere en die mynmaatskappy moet hande vat en goeie samewerking handhaaf,” het hy gesę.

Me. Bertchen Kohrs van Earthlife het egter haar bedenkinge uitgespreek oor die voorgenome ontwikkeling ten opsigte van die omgewing.

Craton doen sedert 2007 evaluering van minerale en dit word beplan om koper uiteindelik vanuit ’n oopgroefmyn van sowat 2,4 km lank, 1 000 m wyd en 250 m diep te myn. Metallurgiese toetse dui aan dat hoëgraadse kopersulfietkonsentraat geproduseer kan word en die leeftyd van die myn word op sowat 14 jaar beraam.

Dit word beplan om teen die einde van 2011 met konstruksiewerk te begin met sowat 1 200 konstruksiewerkers wat benodig sal word. Die myn behoort in bedryf te wees aan die begin van 2013 en permanente werk sal aan 400 mense verskaf word. Vrae en kommentaar kan na aaplm@mweb.com.na gestuur word of per faks na 061 233679.