24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Ombudsman takel Binnelandse Sake

© Niël Terblanché
Adv. John Walters in gesprek met me. Frieda Kazapua in die kontantsaal van die Ministerie van Binnelandse Sake in Windhoek.
DIE Ombudsman van Namibië het op die kantore van die Ministerie van Binnelandse Sake en Immigrasie toegeslaan en een van die grootste ondersoeke nóg na die gehalte van dienslewering by die instansie van stapel gestuur.

Die ondersoek het gister op voetsoolvlak begin met ’n onaangekondigde besoek van adv. John Walters aan die kontantsaal van die Ministerie se kantore in Windhoek. Personeellede van die Ombudsman se kantoor is terselfdertyd in die administratiewe deel van die kantore ingestuur om die ondersoek oor ’n breër front te laat geskied.

“Van die klagte oor Binnelandse Sake het al in die howe van die land gedraai en wanneer ’n uitspraak teen die regeringsinstansie gemaak word, kos dit die Namibiese balastingbetaler ’n groot klomp geld. Die doel van die ondersoek is om te kyk waar stelsels binne die Ministerie verander kan word om dienslewering aan die land se inwoners te verbeter,” het adv. Walters verduidelik.

Hy was nie bereid om veel meer uit die mou te laat nie, maar het gesê daadwerklike stappe is nodig om skakeling met die publiek te verbeter.

Die Ombudsman het verlede jaar ’n soortgelyke ondersoek na die haglike toestande in die land se tronke en aanhoudingselle gedoen. Volgens adv. Walters het die Kabinet sy voorstelle vir verbeteringe by die instellings goedgekeur en sal dit binnekort geïmplementer word.

Die Ombudsman het gesê dieselfde proses gaan in die nuutste ondersoek gevolg word.

“Die stelsel wat tans gebruik word, werk nie soos dit veronderstel is om te werk nie. Die beste bewys daarvan is die duisende klagte wat by die Ombudsman se kantoor aanhangig gemaak is.”

Tydens sy besoek aan die kontantsaal het adv. Walters verskeie ongerymdhede waargeneem waaroor hy onmiddellik ’n mening kon gee.

“Waarom is die rye so lank? Sedert ons hier aangekom het, het die rye nog nie sentimeter beweeg nie. Is dit werklik nodig vir mense om so lank in rye te staan? Waar is die oponthoud?”

Adv. Walters het gewys na ’n vrou wat vir ’n paspoort wou aansoek doen.
“Die vrou is toegelaat om ’n aansoekvorm by die inligtingstoonbank te neem, maar toe sy ’n fout met die invul daarvan gemaak het, kon sy nie ’n nuwe een by dieselfde toonbank kry nie. Sy moes in ’n ander ry gaan staan en wag en toe sy voor by die toonbank kom, was daar klaarblyklik geen vorms beskikbaar nie.”

Adv. Walters het kort daarna self vir ’n aansoekvorm by dieselfde toonbank gevra en een is sonder enige probleem aan hom oorhandig. Die Ombudsman het die aansoekvorm aan die vrou oorhandig en gesê dit is sulke gevalle wat frustrasievlakke tot gevaarlike vlakke laat styg.