24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Okahandja-tussenverkiesing: voorlopige uitslae

© Fred Goeieman
Mnr. Steve "Biko" Booys
By die Oshaango Shebeen in Vyfrandkamp het Swapo-ondersteuners teen 07:00 vanoggend nog strykdeur fees gevier oor wat volgens alle indrukke na ‘n hernude oorwinning vir die regerende party in die Okahandja-kiesafdeling se tussenverkiesing lyk.

“Booys! Booys!” het mans en vroue vanoggend met hul vuiste in die lug gejuig.

Volgens beskikbare stemsyfers was daar ondanks verwagtinge nie tot 21:00 gisteraand enigsins ‘n noemenswaardige laat toeloop na stembusse nie.

Die bederfstem is besonder laag, met bywoningsyfers wat nie veel beter lyk as in 2004 se streekraadverkiesing, toe die stempersentasie kort duskant 38 persent was nie. Op plekke kon die opposisie nader kruip aan Swapo as elders en selfs gesamentlik meer stemme oes, maar by ander stempunte was die regerende party duidelik die sterker mag.

Die Verkiesingskommissie (ECN) wil teen 09:00 vanoggend die amptelike uitslag aankondig.

Beskikbare uitslae (soos opgeplak buite stempunte):
Dorpsraad:
 
Steve Biko Booys (Swapo) 398, Christophine Kito Paulus (RDP en ses opposisiepartye) 211, Ben Katamila (onafhanklik) 72, Ehrenfried Muroua (Swanu) 19, Bedorwe stemme 2
Shipena Kindergarten (Oshetu):
 
Booys 739, Paulus 407, Katamila 38, Muroua 3, Bederf 5
Laerskool Aurora:
 
Booys 429, Paulus 374, Katamila 208, Muroua 14
Laerskool Veddersdal:
 
Booys 182, Paulus 175, Katamila 61, Muroua 3

Dani Booysen op Okahandja