24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.02.2010

Okahandja gerat vir stemplig

© Republikein
Mnr. Edward Hauanga
Die ratte is honderd persent geolie vir môre se tussenverkiesing op Okahandja, het die hoofverkiesingsbeampte op die dorp, mnr. Edward Hauanga, gister verseker.

Die direkteur van verkiesings, mnr. Moses Ndjarakana, se boodskap gister aan verkiesingsbeamptes met die afhandeling van hul opleiding was dat hierdie burgers nou “staatseiendom” is en hulle hul plig sonder enige politieke of persoonlike voorkeur moet uitoefen.

Verkiesingsmateriaal het volgens mnr. Hauanga 10:00 gister op die Tuindorp aan- gekom, waarna party-agente hul seëls aan die houers waarin die goedere verpak is, aangebring het en die nommers aangeteken is. Volgens mnr. Hauanga was net Swanu nie teenwoordig nie.

Mnr. Ben Katamila, die onafhanklike kandidaat, was daar, maar hy het volgens mnr. Hauanga nie agente van sy eie nie.

Die inspeksie van verkiesingsmateriaal sal vanaf 11:45 vandag plaasvind, waarna besendings na stempunte gestuur sal word sodra alle prosedures afgehandel is.

Volgens mnr. Hauanga sal alle kiesbeamptes al vanaand by stempunte slaap om seker te maak dat mense stiptelik vanaf 07:00 hul stemme kan uitbring.

“Gaan stem vir die kandidaat van jou keuse en moenie later iemand blameer dat jy nie jou demokratiese reg kon uitoefen nie,” was mnr. Hauanga se boodskap.

’n Totaal van 13 888 kiesers kan môre hul stemme uitbring om ’n nuwe verteenwoordiger vir die Okahandja-kiesafdeling op Otjozondjupa se streekraad te kies.