24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Nuwe oond vir Gesondheid

Na meer as 30 jaar se gebruik gaan die verbrandingsoond van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste in Windhoek vervang word. In die plek van die oond wat afval van privaat- en staatsgesondheidsinstellings verbrand, kom deur ’n groter, meer moderne een wat teen hoër temperature brand.


Die ou verbrandingsoond van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste in Windhoek wat binnekort deur ’n nuwe een vervang gaan word.

DIE Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste gaan binnekort met ’n nuwe verbrandingsoond ter waarde van N$1 miljoen in die hoofstad spog.

Die oond wat op die oomblik gebruik word om afval en menslike oorskot van private en staatsgesondheidsinrigtings in Windhoek te verbrand, is al meer as 30 jaar in gebruik. Mnr. Clive Platt, die adjunkdirekteur van logistieke dienste by die Ministerie, het gesê die onderdele vir die nuwe oond sal binne die volgende twee tot drie weke in die hoofstad aankom.

Die onderdele moes eers vanaf Durban, Suid-Afrika na Walvisbaai verskeep word en sodra dit in Windhoek aankom, sal dit twee en ’n halwe maande neem om die oond op te rig. Die oond word op dieselfde perseel opgerig as waar die huidige een staan. ’n Omgewingsimpakstudie was egter eers uitgevoer voor die besluit geneem was, het Platt gesê.

Die projek is deur Supply Chain Management Services (SCMS) gefinansier en die Suid- Afrikaanse maatskappy Cure Chem het die tender gekry. Platt het gesê dit het meer as twee maande geneem om al die tenderaars te evalueer, aangesien sommige van die tenderaars van buite Afrika-grense kom. Tussen 300 en 400 sakke afval word per dag teen 900 grade Celsius verbrand.

Die ou ketelhuis van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste in Windhoek wat opgeknap gaan word en waar die nuwe verbrandingsoond gehuisves gaan word.

Die nuwe verbrandingsoond sal teen 1 200 grade Celsius brand en sal hoofsaaklik menslike oorskot, soos onder meer geamputeerde ledemate, verbrand. Platt het gesê “baie inwoners het al kommer uitgespreek oor die swart rook wat deur die verbrandingsproses veroorsaak word, maar dit is omdat die verskillende soorte afval nie geskei word nie”. Met die nuwe oond sal die afval geskei word, want sommige van die items, onder meer plastiek, kan herwin word.

Die projek sal 16 werkgeleenthede vir Namibiërs skep terwyl die maatskappy Cure Chem ook opleiding sal aanbied om te verseker dat die instandhouding van die oond deur plaaslike mense gedoen kan word. Die ou oond sal as ’n bystandseenheid behou word. Platt het voorts gesê die perseel wat in Windhoek Noord geleë is, is opgeruim en van ’n nuwe heining voorsien. “Voorheen was dit baie vuil en mense en diere het hier ingekom.” Die ou ketelhuis waarin die nuwe verbrandingsoond gehuisves gaan word, sal intussen opgeknap word.