24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Nuus van 3 tot 9 September 1990

Maandag 3 September

• Vyf vermiste fosforgranate uit ’n Windhoekse wapennes kan moontlik lig werp op die onlangse nagtelike aanslag op die redaksiesaal van die Namibian. ’n Skietery Donderdagnag in Windhoek-Wes het gelei tot die inhegtenisneming van ses blanke mans. Feitlik al die wapens is teruggevind wat in Julie vanjaar by die polisie in die Noordelike Nywerheidsgebied en op Luiperdsvallei gesteel is.

• Sowat een derde van die berugte Rooioog-bende, byna die hele brein agter die organisasie, is agter die tralies met die jongste inhegtenisneming van Jackson George.

Dinsdag 4 September

• Die prys van brandstof het om middernag die hoogte ingeskiet, hoofsaaklik as gevolg van ’n prysverhoging wat gister in Suid-Afrika aangekondig is. In Windhoek sal gebruikers nou R1,26 per liter petrol moet betaal.

• Alles dui daarop dat Namibiërs vanjaar traag gaan wees om hul televisielisensies te betaal. Die gehalte van die televisiediens word deurgaans die skuld gegee.

Woensdag 5 September

• Die Navachab-myn by Karibib het gister sy eerste ton goudproduksie gelewer, wat die produksiewaarde tot meer as R30 miljoen opskuif sedert die opening van die myn in Desember verlede jaar.

• Die meeste gevalle nog van HIV-geïnfekteerde Namibiërs is in Julie aangeteken. Die 50 slagoffers is sowat 178 persent meer as dié wat in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar aangeteken is.

Donderdag 6 September

• Minstens die helfte van Namibië se kiesafdelings met die oog op aanstaande jaar se streeks- en plaaslike bestuursverkiesings gaan in Owambo wees om ’n Swapo-voorsprong op streeks- en stadsraadvlak te verseker.

• Slegs vier van die oorspronklike elf wildehonde het oorleef wat sedert Februarie in Etosha hervestig is. Die wildehond is die mees bedreigde roofdier in Afrika.

Vrydag 7 September

• Mnr. Helmut Schulz van die plaas Kombat by die Noordedorpie met dieselfde naam, het in vrede geboer en gebly totdat honderde plakkers die aangrensende grond van TransNamib beset het. Volgens hom kom en gaan die mense soos hulle wil op sy plaas, maak hulle van sy plaas ’n toilet en word strikke vir sy beeste en koedoes gestel.

• Uiters professionele waterwysers met gesofistikeerde instrumente tot ’n Herero-waarsegster wat ’n bok se binnegoed “gelees” het om “die water oop te maak”, was al deel van die pogings om die waterbronne van die plaas Okanjesu by Steinhausen te ontsluit. Plaaseienaar Boytjie Grobler het toe vir At “Watergat” Weideman van die Transvaal ontbied om te kom help. Dié gaan ’n tydjie hier aanbly as hy welslae behaal. Anders sal hy seker nie so lank bly nie…

Sondag 9 September

• Die vrou en grootmaakkind van ’n stigterlid van die DTA van Namibië is deur ’n plaaswerker by ’n bokkraal op die plaas vermoor voordat hy met die gesin se motor op die vlug geslaan het.

• Die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob, gaan persoonlik ondersoek instel na beweringe van wapendiefstal en mishandeling by die Windhoekse Gevangenis na aanleiding van ’n berig in dié verband Vrydag in Die Republikein.