24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Nuus van 19 tot 25 Maart 1990

Maandag 19 Maart
 
• Verskeie hooggeplaastes was gisteraand reeds in Namibië vir die onafhanklikheidsvieringe, onder wie dr. Chester Crocker, voormalige Amerikaanse adjunkminister belas met Afrika-sake.

• Die oproep tot patriotisme op Namibiese diewe in die onafhanklikheidsweek het Saterdag op Mariental nie tot die misdaadwêreld deurgedring nie. ’n Vet deel van die hekgeld op Mariental se rugbydag is gesteel. Diewe het met tussen R300 en R500 weggekom.
Dinsdag 20 Maart
 
• Dr. Javier Pèrez de Cuellar, Sekretaris-generaal van die Verenigde Volke, het gisteraand in Windhoek aangekom vir die onafhanklikheidsfees. Dr. Pèrez gaan die seremonie waarneem waartydens mnr. Sam Nujoma as President van Namibië ingesweer word.

• Toekomstige diplomatieke betrekkinge tussen die Republiek van Namibië en Suid-Afrika gaan hoë prioriteit geniet in gesprekke agter die skerms tydens vandag se begin van die onafhanklikheidsvieringe.
Woensdag 21 Maart
 
• Ons land, Namibië, het vanoggend om 18 minute ná middernag simbolies onafhanklik geword met die hys van die vlag van die Republiek van Namibië deur offisiere van die Namibiese Weermag. Terselfdertyd het ’n blaas- en strykorkes die melodie van Afrika se vryheidslied, Nkosi Sikelel’ iAfrika, tot teen die hange van die Auas-berge laat weergalm. Nagenoeg 20 000 Namibiërs het op aandag gestaan nadat hulle minute tevore gejuig het toe offisiere van die Suid-Afrikaanse Weermag die Suid-Afrikaanse vlag gestryk het en die Vryheidsvlam deur die Namibiese atleet Frank Kayele aangesteek is nadat dit van alle uithoeke van Namibië deur hardlopers tot in Windhoek gebring is. Daarna is mnr. Sam Nujoma as die eerste Staatspresident van Namibië ingesweer.
Donderdag 22 Maart
 
• Die Namibiese regering beskou die oplossing van die werkloosheidsvraagstuk as een van sy grootste uitdagings en die President, mnr. Sam Nujoma, het gister in sy eerste ekonomiese beleidstoespraak verskeie voorstelle vir die oplossing van die groeiende probleem bekendgemaak.

• Die Wet op die Ampswapen van die Republiek van Namibië is die eerste wet wat gister deur die Nasionale Vergadering in die Tintenpalast ervaar is.
Vrydag 23 Maart
 
• Die Harms-kommissie van ondersoek sê inligting wat in camera deur die hoof van Suid-Afrikaanse militêre inligting, luit.genl. Witkop Badenhorst, verskaf is, dui daarop dat ’n Swapo-leier, adv. Anton Lubowski, sekere betalings as ’n agent van die Suid-Afrikaanse weermag ontvang het.
Sondag 25 Maart
 
• Altesame 24 lande het reeds bevestig dat hulle diplomatieke bande met Namibië sal aanknoop. Die Namibiese Minister van Buitelandse Sake, mnr. Theo-Ben Gurirab, het Vrydag in Windhoek ooreenkomste in dié verband met verteenwoordigers van Japan, Iran en Pole onderteken.