24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.09.2009

NUNW stuur tien na Swapo-kieskollege

DIE Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) het aangekondig dat benewens sy vyf kandidate die vakverbond ook vyf stemgeregtigde afgevaardigdes na Swapo se kieskollege dié naweek stuur.

Die sekretaris-generaal van die NUNW, mnr. Evilastus Kaaronda, het dié week op ’n nuuskonferensie met die inligting vorendag gekom. Hy is van mening dat die ander vleuels van Swapo ook elk vyf afgevaardiges by hul lys van kandidate na die kollege kon stuur.

Die NUNW stuur vanjaar drie vroue en twee mans na die kieskollege as kandidate. Hulle is mnr. Kiros Sackarias van die Namibiese Unie vir Voedsel- en Verwante Bedrywe (Nafao); me. Taimi Nuujoma van Napu; me. Bobby Kandjala, die NUNW se koördineerder in die westelike deel van die land; me. Sarafina Kandere, ook van Napu, en mnr. Basillus Haingura van die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu).

Die name van die afgevaardigdes wat nie verkiesbaar sal wees nie, maar volgens mnr. Kaarondo wel stemgeregtig is, is nog nie bekend nie.