24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

22.09.2009

Nujoma spoeg vuur op Ongwediva

© Placido Hilukilwa
Strydig met verkeersreëls is hierdie voertuig se registrasiemerke beide voor en agter, met die woord “Swapo” vervang.

WITMENSE, Amerika en Brittanje was die afgelope naweek in die visiere van oudpresident Sam Nujoma toe hy Saterdag ’n Swapo-vergadering op Ongwediva in die Oshana-streek toegespreek het.

Mnr. Nujoma het gesê: “Witmense is nie eerlik nie. Hulle is soos ’n giftige slang. Om saam met witmense te wees, is soos om ’n giftige slang in jou slaapkamer te hê.”

Mnr. Nujoma het die vergaderinggangers daaraan herinner dat Namibiërs vir te lank onderdruk was.

“Witmense het ons te lank uitgetart. As hulle dit weer begin, sal ons met hulle afreken.”
© Placido Hilukilwa
Mnr. Jerry Ekandjo stel oudpresident Sam Nujoma bekend.
Mnr. Nujoma het met verwysing na die inheemse volke se weerstand teen koloniale besetting gesê: “Die Duitsers het watergate in die Omaheke-streek vergiftig sodat Herero-vroue nie meer in staat sou wees om meer as twee of drie kinders te hê nie.”

Volgens hom vergeet ’n oortreder maklik, maar ’n slagoffer vergeet nooit. Voorts het hy op “die imperialiste”, gefokus en meestal Amerika en Brittanje vir sy sterkste kritiek uitgesonder.

Volgens hom is Brittanje besig om Zimbabwe met onnodige ekonomiese sanksies te vernietig. “President Robert Mugabe het niks verkeerd gedoen nie.

Al wat hy gesê het, is dat die witmense in vergelyking met die swart meerderheid te veel grond besit. Kom ons deel, dit is al wat president Mugabe gevra het.”

Mnr. Nujoma het gewaarsku dat enige aanval op Zimbabwe as ’n aanval op die hele SADC beskou sal word.

“Wie ook al aan Zimbabwe raak, raak aan die hele SADC. Kom ons staan gereed om die imperialiste te beveg.”

Volgens mnr. Nujoma het die imperialiste Afghanistan en Irak aangeval en hulle is besig om nog Asiatiese lande te bedreig.

“Asiate en Angolese is ons vriende. Hulle het ons gedurende die bevrydingoorlog gehelp. Ons moet dit nooit vergeet nie,” het hy gesê. Volgens hom is Amerika en Brittanje kriminele wat nie menseregte ken nie.

“Ou wa mono OmuIngilisha, denga komutwe” (“Wie ook al ’n Engelsman ontmoet, slaan hom dood”).

Intussen het die Nasionale Menseregtevereniging (NSHR) in ‘n verklaring gesê mnr. Nujoma het net weer eens sy haat teenoor witmense gewys. Mnr. Phil ya Nangoloh sê die gedragskode vir politieke partye stel dit duidelik dat sprekers op vergaderings nie geweld mag aanhits nie.

Daarom sê hy sal dit interessant wees om te sien hoe Pres. Hifikepunye Pohamba sy voorganger se uitsprake gaan hanteer.