24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.08.2009

Nudo beloof oplossings wat ’n verskil maak

NAMIBIË staar ernstige uitdagings in die gesig in die aanloop tot die komende verkiesing en Nudo, by monde van sy president, opperhoof Kuaima Riruako, het onderneem om blywende oplossings te vind as die party aan bewind kom.

Van die grootste uitdagings wat deur opperhoof Riruako uitgesonder is, is die wye omvang van armoede in die land met 24 persent van alle babas wat ondergewig is by geboorte, werkloosheid van by die 40%, finansiële frustrasies en swaarkry onder bestaansboere in landelike gebiede asook die lot van plaaswerkers en huiswerkers.

Hy het die nood van ’n vrou wat deur Windhoek se strate wandel en wonder waar haar kind se volgende bord kos vandaan gaan kom, uitgelig terwyl die weeldemotors van die uitverkore paar verbyry.

Hy het ook die sterftes van vele bejaardes omdat hulle nie private gesondheidsorg kan bekostig nie, met die gehoor op Okakarara gedeel.

“Moet dit so wees? Ons sê dadelik nee, ons beloof met ons hart en siel om ’n politieke beweging vir die hele Namibiese nasie te wees. Nudo sal daar wees vir u, wanneer u aan ons die mag by die stembus gee,” het die opperhoof gesê.

Hy sê Namibië se menseregteprobleme sluit in die polisie oordadige mag gebruik; swak omstandighede in gevangenisse en selle; onregmatige inhegtenisnames; lang voorverhoor aanhoudings; vertragings met verhore asook die Regering se kritiek van die media en nieregeringsinstansies en intimidasie en teistering van lede van die opposisie deur sekere lede van die regerende party en korrupsie. Maatskaplike misbruik sluit in geweld teen vroue en kinders insluitende verkragtings en kindermishandeling, kinderarbeid en diskriminasie teen vroue, etniese minderhede en inheemse mense.

Opperhoof Riruako het benadruk dat Nudo omgee vir diegene wat van mening is dat die Regering vyandiggesind en afsydig is.

Nudo gee om vir jonk en oud wie se stemme nie gehoor word nie; vroue wat gemarginaliseer is; diegene teen wie gediskrimineer word op grond van hul etniese DNS; diegene wat hul families uit armoede wil ophef; onderwysers, verpleegsters, die magte in uniform en al die werkers van die land.

Hy sê die Regering het ondanks twee dekades se beloftes nie daarin geslaag om die ekonomie te diversifiseer, werk te skep, landbouproduksie te verbeter en die groeiende aantal mense uit armoede op te hef nie.

In die manifes stel Nudo sy visie om die ekonomie op nuwe paaie te plaas sodat menslike ontwikkeling gedien kan word, voedselveiligheid verseker kan word en behoorlike onderwys en gesondheidsorg voorsien kan word, in teenstelling met die heersende ekonomie wat skaamtelose inhaligheid en ’n netwerk van ’n uitverkore handjievol wat die ekonomie tot hul eie voordeel plunder, dien.

Hy sê Namibië bestaan uit uiteenlopende kulturele groepe, godsdiensoortuigings, gemeenskappe en mense, waarvan nie een meer belangrik as die ander is nie. Nudo staan veelrassigheid en ’n betekenisvolle magsdeling voor en verwerp die idee van ’n nasie waar een stam die ander oorheers.

Al verskaf kommunale grond ’n veiligheidsnet vir baie arm en grondlose Namibiërs, word die verkeerde nalatenskap gestuur omdat baie landsburgers uitgesluit word van die kollektiewe eienaarskap en benutting van grond om hul ekonomiese omstandighede te verbeter.

Wat die pryse van grond betref, stel Nudo voor dat dit gegrond word om die optimale produksiewaarde van die terrein en dat produktiwiteit and volhoubaarheid in ag geneem word.

“Ons is van mening dat die mark alleen ’n doeltreffende instrument is om grond aan grondlose Namibiërs oor te dra nie, omdat daar heelwat skuiwergate is wat dit steeds vir beslote korporasies en buitelanders moontlik maak om grond in Namibië te bekom.”