Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

NQA werk saam met Botswana

DIE versekering van opleidingstandaard en die erkenning van kwalifikasies is een van die basiese gebiede vir die ontwikkeling van geharmoniseerde stelsels. Om hierdie rede is die SAOG ‘n voorstander vir die vestiging van nasionale kwalifikasieraamwerke in elk van die lidstate en ‘n gemeenskaplike gehalteversekeringstelsel om ‘n beoogde streekraamwerk vir kwalifikasies te onderskryf.

Dit was die sleutelboodskap van die Adjunkminister van Onderwys, dr. Becky Ndjoze- Ojo, tydens haar openingstoespraak by ‘n slypskool van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) en die opleidingsowerheid van Botswana wat Maandag in Windhoek plaasgevind het. Dr. Ndjoze-Ojo het aan die afgevaardigdes wat die slypskool bygewoon het, gesê dat met spesifieke verwysing na gehalteversekering dit belangrik is dat daar stelsels is wat mekaar verwoord.

Sy het ook genoem dat talle studente van Namibië en Bots- wana in mekaar se lande stu- deer. “Beide lande wil verseker wees dat hul studente gehalte oplei- ding kry in die lande waar hulle studeer,” het dr. Ndjoze-Ojo gesê. Sy is van mening dat vertroue in die gehalte van on- derwys en opleiding in beide lande versterk kan word deur duidelike riglyne en feitesendings soos die besoek aan Na- mibië deur die owerhede van Botswana.

Die wisseling van gedagtes volg na die NQA se ondertekening van memorandums van verstandhouding met die opleidingsowerheid van Botswana (BOTA) en die tersiêre onderwysraad van Botswana verlede jaar. Die doel van die memorandums is om samewerking te konsolideer op die gebied van ontwikkeling en die uitoefening van benaderings oor gehalteversekering wat die ver- troue in die kwalifikasies wat toegeken word in elke land verbeter.

Dr. Ndjoze-Ojo het gesê in die SAOG-protokol oor Onderwys en Opleiding is integrasie geïdentifiseer as die formulering en implementering van vergelykbare en gepaste beleid, strategie en stelsels in lidstate. “Dit sal lei tot stadige implementering van gelykheid, die harmonisering en standaardisering van onderwys en opleiding en die sertifisering van vaardighede wat die gevolg hiervan is,” het die Adjunkminister gesê. Ter afsluiting het dr. Ndjoze- Ojo die hoop uitgespreek dat die samesprekinge tot voordeel en ten bate van die leerlinge in beide lande sal wees.