24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.03.2010

Net RDP-8 nie ingesweer

DIE agt kandidate van die Rally for Democracy and Progress (RDP) sal nie vandag saam met nuutverkose lede van die Nasionale Vergadering aantree om ingehuldig te word nie.

Op Sondag, 21 Maart 2010, sal Pres. Hifikepunye Pohamba vir sy tweede ampstermyn as Staatshoof ingehuldig word.

Die lede van die Nasionale Vergadering wat vandag ingehuldig sal word, is die 54 Swapo-lede asook die volgende: Nudo se opperhoof Kuaima Riruako en mnr. Arnold Tjihuiko; mnre. Katuutire Kaura en Phillemon Moongo van die DTA; hoofman Justus //Garoëb en mnr. mnr. Simson Tjongarero van die UDF; mnr. Ignatius Shixwameni van die All People’s Party, mnr. Ben Ulenga van die Congress of Democrats (CoD); mnr. Henk Mudge van die Republikeinse Party (RP) en mnr. Maamberua Usutuaije van Swanu.

Die RDP het reeds Woensdag ’n brief aan die sekretaris van die Nasionale Vergadering, mnr. Jakes Jacobs, gerig om hom van die party se besluit in kennis te stel. In die brief wys die sekretaris- generaal van die RDP, mnr. Jesaya Nyamu, daarop dat die uitslag van die verkiesing in dispuut is en gelei het tot ’n appèlsaak wat in die Hooggeregshof aangehoor sal word.

“Gevolglik kom enige optrede om ’n parlement in te sweer voor die hofbeslissing, neer op ’n vooruitloop van die hofuitslag,” skryf mnr. Nyamu.

In ’n gesamentlike verklaring deur die RDP, RP, Nudo, UDF, DTA en CoD, wat gister op ’n nuuskonferensie deur die president van die RP, mnr. Henk Mudge, voorgelees is, is besluit dat al die partye daartoe verbind is om verenig te staan in die stryd teen die uitslae van die verkiesing van lede van die Nasionale Vergadering en dit tot sy logiese einde te voer; dat al die partye simpatie het met die omstandighede van elke party en sy ondersteuners se wense; dat die besluit van elke politieke party gerespekteer word en dat die partye opnuut hul “solidariteit met mekaar teen die magte wat die land wil destabiliseer deur verkiesings te manipuleer” bevestig en alles in hul vermoë sal doen om te verseker dat die wense van die mense van Namibië gerespekteer word deur ware vrye en regverdige verkiesings te verseker.

Die RDP se besluit om nie sy lede te laat insweer nie, word gerespekteer asook die besluite van die ander partye om dit wel te doen. Die partye hou ook hul regte voor om die uitslag van die komende Hooggeregshofsaak te implementeer en sodoende hul demokratiese en grondwetlike regte te geniet.

Die partye het ook ten sterkste beklemtoon dat die uiteenlopende menings of lede ingesweer moet word al dan nie, geensins ’n skeuring in opposisiegeledere is nie en eerder ’n “volwasse manier is om elke party se unieke situasie te akkommodeer en te respekteer”.

Enige aantygings dat die leiers van die politieke partye wat besluit het om wel ingesweer te word, met hul beursies eerder as met hul beginsels die besluit geneem het, is deur mnr. Mudge as kwaadwillig bestempel.

Hy het ook sy verbasing oor die “onkunde” van Swapo se mnr. Jerry Ekandjo uitgespreek wat “na al die jare wat hy in die Nasionale Vergadering sit” steeds “nie weet waarvan hy praat” nie as hy beweer politieke partye sal hul setels verloor as hulle vir tien agtereenvolgende dae nie opdaag nie en dat nuwe verkiesings gehou sal word.