24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.09.2009

Net DTA en Swapo, sê Kaura


Mnr. Katuutire Kaura
SWAPO is die DTA se enigste bedreiging in die politieke stryd in Namibië, het die president van DTA, mnr. Katuutire Kaura, Saterdag op die vergadering van die party se uitvoerende komitee gesê.

Alle ander politieke partye is deur hom as magtelose minderheidspartye bestempel. In sy toespraak het mnr. Kaura meer op Swapo en sy optrede gefokus. “Swapo het die afgelope negentien en ’n halwe jare opgemors,” het hy gesê.

Die druk van stembriefies vir die komende nasionale en Presidentsverkiesings deur die “Swapo maatskappy” Namprint, word sterk deur die DTA verwerp en mnr. Kaura is vasberade om dit te verhoed.

“As dit gebeur, sal die stemming gemanipuleer word nog voordat dit begin het. Ons sal dit nooit aanvaar nie. Ek het nog nooit ’n party so desperaat gesien soos Swapo nie.

“Die DTA-party stap in vanjaar se verkiesing in om die gesag van Swapo oor te neem en nie om ’n veldtog teen ander magtelose minderheidspartye te voer nie. Daar is ’n obsessie by van die minderheidspartye om teen DTA te veg omdat hulle weet dit is die enigste party met die potensiaal om die volgende regerende party te word. Dus veg hulle hard asof ons reeds die meerderheidsparty is. Hulle moet wag tot volgende jaar wanneer ons die Regering sal oorneem,” het mnr. Kaura gesê.

Die swak graad tien-uitslae is deur mnr. Kaura na verwys as een van die mislukkings onder die Swapo-regering.

Hy meen dit is tyd vir ’n verandering in die onderwysstelsel ten einde die uitslae van leerlinge te verbeter. Die gevolge van die vloede word volgens mnr. Kaura ook swak hanteer.

“Ek weet nie hoekom die Swaporegering tenders aan private maatskappye gee vir die verspreiding van voedsel nie. Die Regering moet dit self doen,” het hy gesê.

Mnr. Kaura het ook verwys na die land wat in plakkershuise “verdrink” terwyl die Swapo-regering ’n kantoor vir die afgetrede president ten bedrae van N$20 miljoen bou.

“Hoeveel tweeslaapkamerhuise kan ’n mens met daardie geld bou? Hoeveel huise kan nie uit die N$30 miljoen gebou word wat by die Maatskaplike Voorsorgkomissie (SSC) of die N$100 miljoen wat in die Offshore Development Corporation verdwyn het nie?

“Die interessante ding is dat as jy in onderduimse onderhandelinge betrokke is in Swapo, word jy onmiddellik bevorder. Jy is dan ook ’n ware kameraad en jou plek is bespreek in die parlement.

“Dit is tyd dat ons ’n einde bring aan hierdie ’steel saam’-regering,” het mnr. Kaura gesê.

Hy meen verder dat water in Namibië steeds te duur is en dat die DTA onmiddellik daaraan aandag sal gee en die verantwoordelikheid aan die Regering oordra, sodat na die armes en die werkloses van die land omgesien kan word.

’n Uitnodiging na die bekendstelling van die DTA se manifes wat op 12 September op Opuwo plaasvind, is ook deur mnr. Kaura gerig.

“Die media is genooi, insluitend die Swapo Uitsaaikorporasie, bekend as NBC. Ek het nog nooit ’n party in so ’n ernstige desperaatheid soos Swapo gesien nie. Hulle mobiliseer die NBC asof alles van hulle afhanklik is,” het hy gesê.

Na mnr. Katuutire se toespraak is die media versoek om die perseel te verlaat.

Francios Olivier