SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

9.02.2010

NDF-soldate moet vrede in Tsjad bewaar

ALTESAAM 300 Namibiese soldate sal eersdaags by die Verenigde Nasies (VN) se sending in die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Tsjad (Minurcat) as deel van ’n vredesending aansluit.

Volgens die Namibiese weermag sal sy soldate waarskynlik in die omgewing van Koukou Angarana in Tsjad ontplooi word.

Sedert 2003 het meer as 240 000 Soedanese vlugtelinge na Oos-Tsjad gevlug om weg te kom van die konflik wat in die Darfoer-streek begin het. Meer as 40 000 ander vlugtelinge bevind hulle in die Sentraal-Afrikaanse Republiek. Gewapende groepe met basisse in die ooste van Tsjad en Darfoer is besig met oorgrens-aanvalle, gevolglik het die VN ’n sending na die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Tsjad gestuur.

Minurcat is deur die Veiligheidsraad van die VN kragtens Resolusie 1778 op 25 September 2007 na konsultasie met die owerheid van Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek tot stand gebring. Die doel was om ’n bydrae te lewer tot die beveiliging van burgerlikes, om menseregte en die regstaat te bevorder en om vrede in die streek aan te help. Die Resolusie maak voorsiening vir ’n multidimensionele teenwoordigheid van polisiebeamptes en militêre personeel in die ooste van Tsjad en die noordoostelike Sentraal-Afrikaanse Republiek.

Met die aanvaarding van Resolusie 1861 op 14 Januarie 2009, het die Veiligheidsraad die ontplooiing van ’n militêre komponent van Minurcat gemagtig om die Europese Unie se militêre mag, bekend as EUFOR, in die gebied op te volg.

Die oordrag van mag van EUFOR en die militêre komponent van Minurcat het op 15 Maart 2009 plaasgevind.

Volgens ’n verklaring deur die Ministerie van Verdediging het Namibië besluit om soldate tot die vredesmag in Tsjad by te dra. Die Namibiese weermag het wye ondervinding in vredesendings van die VN. Die bydraes tot vredesendings het in 1992-1993 in Kambodja begin. Van 1996 tot 1999 was hulle betrokke by die VN se vredesending in Angola en tussen 2004 en 2007 was hulle in Liberië. NDF-stafoffisiere en militêre waarnemers is tans ontplooi by verskeie VN-sendings in lande soos Tsjad, die Ivoorkus, Liberië en Soedan.

Die verskeping van militêre toerusting vanaf Walvisbaai se hawe vir die sending in Minurcat het verlede week reeds begin.