Die Minister van die Omgewing en Toerisme, me Netumbo Nandi-Ndaitwah, het nog ’n internasionale toekenning opgeraap.
Sy het Vrydag die toekenning as Internasionale Wetgewer van die Jaar in Las Vegas, Amerika van Safari Club International ontvang.
Verlede jaar is die Sportskiet Ambassadeurstoekenning tydens die Wêreldforum oor die Toekoms van Sportskietaktiwiteite (WFSA) in Neurenberg, Duitsland, aan die Minister en ’n uitvoerende komiteelid van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (NAPHA), me. Marina Lamprecht, toegeken.