8.03.2010 NCCI pos Endjala
DIE noordelike tak van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) het verlede week ’n nuwe bestuur op die tak se jaarvergadering gekies. ’n Bekende in die boubedryf, mnr. Ben Zaaruka, as die nuwe voorsitter.
Mnr. Zaaruka het 50 stemme verwerf teenoor die 13 van mnr. Joseph Kapya Endjala, wat as voorsitter waargeneem het sedert mnr. Phillip Amwele in ’n motorongeluk die lewe gelaat het.
Mnr. Koneka Iindji van die Eerste Nasionale Bank is die nuwe tesourier en hy vervang mnr. Kalifeni Shatona, ’n plaaslike sakeman wat in opleiding en bestuursvaardighede spesialiseer.
Die jaarvergadering het ook verteenwoordigers in meeste van die geproklameerde dorpe in die vier noordelike streke gekies, wat as bykomende lede van die uitvoerende komitee sal dien.
|