Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

4.02.2010

Namibiërs in Angola aangeval

VRIENDE en familie van ses Namibiese werknemers van ’n lugdiens in Angola wag bekommerd vir tyding nadat van die mense taamlik ernstig tydens ’n gewapende rooftog in Luanda beseer is. Inligting oor die beserings en die rooftog op die werknemers van Angola Air Services is taamlik skraps, maar sover vasgestel kon word, is nie een van die mense wat saam in ’n huis in die Angolese hoofstad woon, tydens die voorval dood nie.

Volgens me. Andrea Vhale, ’n suster van een van die mense, Torsten Vhale, het gesê kommunikasie met haar broer is moeilik omdat die rowers hul selfone, kontant en rekenaars gebuit het. “My broer was gister in ’n kort gesprek met my pa. Hy het vertel hulle is Maandagaand deur agt mans wat met AK47 aanvalsgewere en messe bewapen was, in die huis in Luanda oorval.”

Me. Vhale sê sy het gehoor dat haar broer se hand moontlik tydens ’n struweling met die rowers gebreek is. Mnr. Roger Vermaak en sy meisie, me. Marinda van Rensburg, is volgens die inligting van Torsten tydens die aanval met messe gesteek.

Die rowers het ook gepoog om me. Van Rensburg se klere van haar af te skeur. Nog ’n huisinwoner, Roger se broer Clive Vermaak, kon tydens die aanval daarin slaag om op die huis se dak weg te kruip en met sy selfoon hulp van die Angolese polisie te ontbied.

Dit is nie bekend wat met mnr. De Wet Geringer gebeur het nie. Volgens me. Vhale was die kern van die boodskap wat haar broer oorgedra het, dat almal in die huis gehelp en versorg is en dat familie en vriende gerus kan wees dat almal buite gevaar in Luanda is. Die meeste van die huis se inwoners het voorheen by private lugrederye in Namibië gewerk en die band met voormalige kollegas plaaslik is steeds sterk.