24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

29.03.2010

Namibiese regering steun hersieningsmeganisme

© Republikein
Mnr. Marco Hausiko
DIE Namibiese regering beskou toetrede tot die Afrika Eweknie Hersieningsmeganisme (APRM) nie as ’n prioriteit isnie, maar skiet ook nie doelwitte van so ’n meganisme af nie.

Dit is die mening van die nuut aangestelde Adjunkpremier en voorheen minister van Buitelandse Sake, mnr. Marco Hausiku, in ’n toespraak wat deur die spesiale adviseur van Buitelandse Sake, ambassadeur Tuliameni Kalomoh, voorgelees is tydens ’n tweedaagse APRM-slypskool met die tema “Namibië en die APRM: Lesse van ander en die Implikasies van Waardebepaling”.

Die Minister het gesê Namibië sal die proses volg en sodra die tyd ryp is, by die ander lidlande aansluit en ’n bydrae tot die proses lewer. Hy het gesê die APRM is belangrik en vereis die volle ondersteuning en toewyding van alle rolspelers.

Nege-en-twintig lidlande van die Afrika Unie (AU) het reeds die APRM onderskryf en 15 lande se verslae is reeds teen die einde van verlede jaar hersien.

“Die implementering van die proses vereis reuse finansiële hulpbronne en dus is dit die plig van ons almal om steun te werf en die nodige hulpbronne te kry om dit om die sukses daarvan te verseker,” het hy gesê.

Die Minister het genoem dat meganismes in die land reeds bestaan wat daarop gemik is om aan die gestelde standaarde te voldoen. Die APRM is ’n Afrika-entiteit wat onder die AU ressorteer waarby lidlande kan aansluit om hulself te onderwerp aan ’n vrywillige selfwaarderingstelsel om te sien of ooreengekome doelwitte en standaarde gehaal is.

Verder het dit ten doel om beleid en standaarde te vestig wat politieke stabiliteit kan bevorder, asook volhoubare ekonomiese ontwikkeling.

Tydens die slypskool is die relevansie van die APRM vir Namibië, lesse wat geleer kan word uit ander lande wat reeds by die APRM aangesluit het en implikasies van nasionale aansluiting bespreek.

Die slypskool is aangebied deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Sake (SAIIA) en die Namibië Instituut vir Demokrasie (NiD).