25.07.2008
© Francois Poolman
Namibië se voorste redenaar in Afrikaans, Josy Nghipandua, vlieg vandag danksy ’n vliegkaartjie wat Republikein vir haar borg, Suid-Afrika toe waar sy môre in Hartenbos aan die finale van die ATKV-redenaarskompetisie gaan deelneem. Josy, ’n graad 12 leerling aan die Hoërskool Jan Möhr, het gister die vliegkaartjie van mnr. Christo Retief, assistent-redakteur: administrasie van Republikein, ontvang.