24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.08.2010

Namibië goed op koers

Millennium Uitdaagrekening

© Verskaf
‘n Deel van die 695 164 handboeke vir graad 5- tot 12-leerlinge in die pakhuis in Windhoek voor dit na skole landwyd versprei is.

UITSTEKENDE vordering is reeds gemaak met die implementering van die Millennium Uitdaagrekening van Namibië se ontwikkelingsplanne vir die land. Die korporasie wat gestig is om uitvoering te gee aan projekvoorstelle wat deur die Amerikaanse Millennium Uitdagingskorporasie gefinansier word, herdenk vandeesmaand sy eerste bestaansjaar.

Namibië het twee jaar gelede die agtiende land geword om ’n ooreenkoms ingevolge die Amerikaanse Millennium Uitdaagrekening te onderteken. Dit het meegebring dat Namibië oor ’n vyfjaar tydperk vanaf die implementeringsdatum US$304,5 miljoen (N$2,3 miljard) in ontwikkelingshulp van die Amerikaanse regering sal ontvang om armoede deur middel van ekonomiese groei te verlig.

Volgens die hoof uitvoerende beampte van die Millennium Uitdaagrekening: Namibië, me. Penny Akwenye, is sy tevrede met die vordering wat reeds Verskafgemaak is en teikens wat behaal is.

Die hoof uitvoerende beampte van die Millennium Uitdaagrekening in Namibië, me. Penny Akwenye.
“Ek is opgewonde om te sien hoeveel meer ons in die tweede jaar van ons bestaan sal kan vermag.”

“Daar is heelwat uitdagings wat ons in die gesig staar. Een daarvan is om met veelvuldige belanghebbendes te werk en almal te betrek.

“Die belanghebbendes sluit in die Regering, die plaaslike Millennium Uitdaagrekening en die een in Washington, die Millennium Uitdagingskorporasie, gemeenskapgebaseerde organisasies, gemeenskappe en almal wat deur die projekte geraak word.

“Om ’n enkele dollar te bestee, moet ’n ieder en ’n elk saamstem oor die projek,” het me. Akwenye vertel.

Sy sê nagenoeg 15 persent van die totale bedrag wat bewillig is, is vanjaar aan projekte bestee in die drie sektore wat geslaag het om goedkeuring vir hul projekte ingevolge die streng kriteria van die Millennium Uitdagingskorporasie te kry, naamlik onderwys, landbou en toerisme.
© Argief
Oorplaatjies vir beeste in die noordelike kommunale gebiede is deel van die plan om dié beeste voortaan kommersieel te bemark.
Onderwys
 
Die oogmerk is om die lewering en gehalte van onderwys op sekondêre en tersiêre vlak in Namibië te verbeter. Dit skakel nóú met die Program vir die Verbetering van die Onderwys- en Opleidingsektor (Etsip), ’n 15 jaar strategiese plan om Namibië se aspirasie om groter industrialisering en regverdigheid binne ’n kennisgebaseerde samelewing, soos vervat in Visie 2030, te verseker.

Die onderwysprojek streef daarna om die gehalte van die arbeidsmag te verbeter deur toeganklike en doeltreffende basiese, beroeps- en tersiêre onderwys te bevorder. Een van die vyf aktiwiteite wat ondersteun word, is die verskaffing van handboeke aan skole. Veral wiskunde, wetenskap en Engelse handboeke vir graad 5- tot 12- leerlinge word benodig.

Die klem het geval op die opgradering van toegang tot en bestuur van handboeke deur operasionale ondersteuning en hervorming in te stel om ’n meer deursigtige, mededingende proses om teksboeke aan te skaf en die boeke by die skole te kry waar dit benodig word.
© Verskaf
Hierdie leerlinge was van die eerstes in die land om splinternuwe handboeke in ontvangs te neem wat met die finansiering van die Millennium Uitdaagrekening Namibië aangeskaf is. Die tekort aan handboeke was een van die grootste struikelblokke in die lewering van gehalte onderwys in die land.
Altesaam sewe kontrakte met ’n totale waarde van US$4 593 099.69 (N$34 790 755.62) is reeds met Longman, Macmillan, Zebra, Pillination, Edumeds, Namcol en K. Demiljo gesluit om 695 164 handboeke in Windhoek te lewer. Hierdie boeke is in Mei en Junie vanjaar met welslae aan 951 staatskole en behoeftige private skole versprei. Toerisme

Die belegging in toerisme is daarop gemik om verdere groeipotensiaal in die reeds vinnig groeiende toerismesektor deur middel van private en gemeenskapgebaseerde beleggings te verseker. Toegang tot vier beskermde gebiede en pogings om Namibië in die internasionale toerisme-kollig te plaas asook die bemagtiging van landelike en voorheen benadeelde gemeenskappe, is die sleutel bestanddele van ’n skeppende benadering tot die ontwikkeling van toerisme in Namibië.

Die oogmerk van die toerismeprojek is om die Namibiese toerismebedryf te laat groei en huishoudings in bewaringsgebiede te teiken. In Junie vanjaar is ’n fonds vir die ontwikkeling van inheemse natuurlike produkte van stapel gestuur. Kommunale bewaringsgebiede in Namibië is een van die suksesverhale in toerisme.

Die eerste vier bewaringsgebiede is in 1998 geregistreer en teen Maart vanjaar het Namibië met 59 sulke gebiede gespog. Die Ministerie van omgewing en Toerisme saam met vennote het die afgelope tien jaar meer as 7 000 diere na bewaringsgebiede in kommunale gebiede oorgeplaas.

Dit het bygedra tot groter wildbevolkings in die gebiede en ook ‘n groter verskeidenheid diere. Met behulp van die Millennium Uitdaagrekening word opleiding, tegniese bystand en finansiering vir toerisme-verwante aktiwiteite gegee. Die doel van die oorplasing van die wild is om biodiversiteit en ekostelselprosesse te verseker wat volhoubare voordele vir bewaringsgebiede sal inhou.

Die hulp van die Millennium Uitdaagrekening betaal onder meer vir die aankoop, vang en oorplasing van die wild van beskermde gebiede en private plase na bewaringsgebiede. Sedert met die eerste oorplasing van wild in 1999 begin is, is blouwildebeeste, springbokke, gemsbokke, hartebeeste, Burchell- en Hartman-sebras, elande, koedoes, kameelperde en swartrenosters onder meer oorgeplaas.

Die jongste projek behels die oorplasing van swartrenosters van die Palmwag-konsessiegebied na bewaringsgebiede in die Kunene-streek. Landbou Ten einde boere in die noordelike kommunale gebiede noord van die veeartsenyheining van Kunene tot Caprivi, te help om hul inkomste uit lewendehawe te verhoog en voortgesette groei in die lewendehawe sektor te verseker, is ‘n fonds ter bevordering van doeltreffende lewendehawe bemarking gestig.

Navorsing oor tradisionele of kulturele aangeleenthede wat die bemarking van lewendehawe vertraag, aktiwiteite wat sal bydra tot siektevrye diere in die noordelike kommunale gebiede, die verskaffing van verbeterde genetiese gehalte in bulle en ramme en die opgradering of bou van vanghokke en laaibrûe sal deur die fonds gefinansier word.

Staatsagentskappe, boere, handelsorganisasies, akademiese instellings, nie-regeringsorganisasies en maatskappye kan aansoek doen om lenings ingevolge dié skema, op voorwaarde dat hulle oor die nodige kapasiteit en ervaring beskik om die projek geldelik en tegnies te bestuur.