Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Namas by Pohamba oor ekonomiese isolasie

PRES. Hifikepunye Pohamba sê die wyse waarop Namasprekendes in die Suide uitgesluit word by die hoofstroom van ekonomiese aktiwiteite is onwettig en ongrondwetlik. Hy het dié stelling gister gemaak toe ‘n afvaardiging van die Nama tradisionele owerhede hom by Staatshuis besoek het om hul kommer oor dié kwessie met hom te bespreek.

Die afvaardiging was onder leiding van die goewerneur van die Karas-streek, mnr. Dawid Boois. Die Nama tradisionele owerhede voel dat die gemeenskap aandeel moet hê in die natuurlike hulpbronne in die Karas-streek en die land. Hulle voel dat as daar werken studiebeurstoekennings in beide die Regering en die private sektor in die streek is, dit duidelik op die Nama moet reflekteer.

Die President het ook die Ministers van Plaaslike Owerheid; die Omgewing en Toerisme; Visserye en Mariene Hulpbronne; Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur asook die Direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, Adjunkminister van Grond en Hervestiging en die permanente sekretaris van Handel en Nywerheid ingeroep om hom te help luister na die sorge van die Namas.

Die woordvoerder van die Namagroep, hoofman Stephanus Goliath, het na die besoek aan Staatshuis gesê Pres. Pohamba was beïndruk met die deursigtigheid van die Nama tradisionele owerhede. Die Staatshoof het gesê die uitsluiting van Namas uit die ekonomiese hoofstroom is onwettig en ongrondwetlik. Die President het verduidelik dat toe die Ovamutwa-gemeenskap in Kunene-streek en San-gemeenskappe in die omgewing van Tsumkwe en Omaheke-streek soortgelyke kommer uitgespreek het, het die Regering ingegryp en die situasie aangespreek.

“Dit is belangrik dat mense hul sorge uitspreek,” het Pres. Pohamba gesê. Die groep het ook benadruk dat hulle versterk moet word sodat hulle selfs deur hul eie mense gerespekteer kan word. Hy het verduidelik waar die Nama tradisonele owerhede nou verantwoordelikhede van die Regering tussen hul gemeenskappe uitvoer, hulle so swak is dat hulle nie eens namens die Regering ook kan praat nie. “Ons is aldag by die mense en kan tot voordeel van die Regering aangewend word,” het hy opgemerk.

Oor die ekonomiese uitsluiting het hy gesê die situasie moet reggestel word sodat die Namas kan voel hulle is burgers van die land en het soos enige ander burger ook aanspraak op eienaarskap van die land se bronne. Hy het beklemtoon dat die Nama sigbaar moet wees in al die ontwikkeling in die streek.

“Ontwikkeling moet sigbare verandering in die lewens van die Namas bring,” het hoofman Goliath gesê. Die verslag van die leiers van Swapo in die Karas-streek wat in opdrag van Pres. Pohamba 'n ondersoek geloods het na die redes vir die uitsluiting van die Namas aan ekonomiese aktiwiteite, het glo reeds hul bevindinge en aanbevelings aan die Regering voorgelê.