DIE bestuursraad van die Afrika Rehabilitasie-instituut (ARI) is tydens hul sitting in die stad aangemoedig om die gehalte van die lewens van mense met gestremdhede te verbeter. Die Eerste Minister, mnr. Nahas Angula (foto), het in sy openingsrede gesê die sorg vir mense met gestremdhede in Afrika is ’n fundamentele aangeleentheid wat ná aan Namibië as ’n Afrika-land se kernwaardes en karakter is.
Hy het gevra dat dit tydens die vergadering gedurig voor oë gehou moet word. Hy het gesê ’n goeie leier is nie een wat op ’n berg sit en kyk na die gevegte waarin sy weermag betrokke is nie, dit is een wat op die slagveld saam met sy mense veg. Gestremde mense is soos enige ander groep, lede van die samelewing. Namibië het ’n totale bevolking van 2,3 miljoen mense van wie 85 567 gestremde mense is.
Hy het verder gesê die Regering is ten volle bewus van die uitdagings wat gestremde mense in die gesig staar. Onder dit is ’n gebrek aan toegang tot dienste van gesondheids- en maatskaplike aard, opvoeding, werkgeleenthede, behuising, grond en inligting. Hy sê hy glo dat sommige van dié uitdagings ook in baie Afrika-lande ondervind word.
Hy het gesê die Regering is vasbeslote om noukeurig met ARI saam te werk om te verseker dat mense met gestremdhede ’n meer omvattende reeks van verantwoordelikhede verkry deur aan hulle ewekansige geleenthede te bied. Volgens hom is dit dus noodsaaklik dat hulle die ondersteuning wat hulle binne die gewone strukture van die samelewing nodig het, kry om mee te ding op gebiede waar hulle tans uitgesluit word.
Hy het gesê dit is belangrik om te besef dat hul ontwikkeling met die oog op die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte net ’n droom gaan bly wanneer aangeleenthede wat hulle raak, nie aandag geniet en reggestel word nie. Mnr. Angula het verder gesê dat die Regering hul regte erken wat gedemonstreer word deur die goedkeuring van verskeie beleide en wetgewing wat na onafhanklikwording gepromulgeer is.
Hy het onder meer genoem dat die wet op regstellende aksie van 1998 ’n sleutelwet en beleidingryping is wat gerig is op die verwydering van ongelykhede en diskriminasie. Die Regering het ook die wet op ’n nasionale raad vir gestremdes in 2004 gepromulgeer. Die funksie van die raad is om die implementering van die nasionale beleid oor gestremdhede te monitor. Hy het aangevoer dat selfverteenwoordiging van mense met gestremdhede kritiek is op besluitnemingsvlak.
“Selfbeskikking, self aangedrewe aksie en selfbestuur van mense met gestremdhede is baie beslissend vir hul ingeslotenheid,” het mnr. Angula gesê. Intussen het die voorsitter van die Afrika-unie (AU) se kommissaris vir maatskaplkie aangeleenthede, adv. Bience Gawanas, gesê die uitdaging wat mense met gestremdhede in die gesig staar, is legio en is hoofsaaklik op armoede, diskriminasie, die skending van hul menseregte en uitsluiting gegrond.
Die AU beklemtoon ’n mensgesentreerde maatskaplike ontwikkelingsagenda vir algehele welvaart en verbetering van die lewenstandaard van mense, veral die mees kwesbare groepe. Die bevordering van die regte van mense met gestremdhede is dus een van haar sleutelprioriteite.
Adv. Gawanas het gesê op die AU-vergadering van staats- en regeringshoofde is 1999 tot 2009 as die Afrika-dekade van gestremde mense verklaar. ’n Deklarasie en plan van aksie is gevolglik goedgekeur. Die vernaamste doel van die plan van aksie is om die regte van mense met gestremdhede te bevorder en hul volle deelname, gelykheid en bemagtiging te verseker sowel as om hulle aan die sosioëkonomiese ontwikkeling van hul lande te laat deelneem.
Sy het gesê die feit dat die Afrika-dekade van gestremdes gefaal het, aan die onvermoë van ARI om ’n leierskaprol te vervul, toegeskryf kan word. Sy het die AU se verbintenis tot die sukses van ARI herbeklemtoon en die hoop uitgespreek dat die instituut in die uitvoering van sy mandaat bygestaan