24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

8.03.2010

Mynwag skiet kollega met haelgeweer

’n STRYERY tussen twee sekuriteitswagte gisteroggend by ’n myn buite Windhoek, het gelei tot die hospitalisering van een nadat hy deur sy kollega geskiet is. Vrae hang steeds in die lug oor wat werklik gebeur het. ’n Sekuriteitswag is gisteroggend in die hospitaal op Okahandja opgeneem nadat sy kollega hom met ’n haelgeweer geskiet het.

Die slagoffer is egter in ’n stabiele toestand, terwyl die een wat hom geskiet het, in hegtenis geneem is. Die geval het gister omstreeks 07:30 by die myn van Purity Manganese plaasgevind. Die saak word deur die Namibiese polisie ondersoek.

Die direkteur van die myn, mnr. Borris Banai, en die eienaar van die sekuriteitsmaatskappy voor wie die wagte werk, kon ook nie sê wat werklik gebeur het nie, maar kan wel bevestig dat dit ’n stryery tussen die twee was wat tot die skietery gelei het.

Die eienaar van die sekuriteitsmaatskappy sê toe hy op die toneel opdaag, was die sekuriteitswagte reeds weggeneem, Die eienaar van die sekuriteitsmaatskappy wil nie die naam van die maatskappy asook sy eie naam gepubliseer hê nie.

Francios Olivier