24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Mynongeluk eis ’n lewe

’n WERKNEMER van Breda Mynkontrakteurs (BMC) het verlede week tydens ’n mynongeluk noodlottige beserings opgedoen toe hy ondergronds by die Otjihase-myn, noordoos van Windhoek, gewerk het.
Die oorledene was die 33-jarige mnr. Wilbard Angula, het die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, adjunkkommissaris Sylvanus Nghishidimbwa, bevestig.

’n Ondergrondse rotsstorting in die myn het Angula se lewe verlede Sondagaand geëis en hy is volgens Nghishidimbwa op die toneel oorlede. “Daar was altesaam vier myners wat tydens die voorval gewerk het en van die ander het ligte beserings opgedoen toe hulle ook deur die vallende rotse getref is.”

Die polisie het die tyding omstreeks 20:00 verlede Sondag ontvang.
Die oorledene is volgens Nghishidimbwa oorspronklik vanaf die Noorde afkomstig, maar was ten tye van die voorval op Keetmanshoop woonagtig.

Die voorval is deur die besturende direkteur van Weatherly Mining, mnr. Craig Thomas, bevestig. Hy wou egter geen verdere inligting verskaf nie en het Republikein na die hoofinspekteur van myne verwys.

Die Ministerie van Myne en Energie het bevestig dat die hoofinspekteur, mnr. Mathew Amunghete, die ongelukstoneel besoek het. Die ondersoek na die ongeluk is egter nog nie afgehandel nie en duur voort.

Thomas het in ’n mediaverklaring gesê die veiligheid en gesondheid van Weatherly se werknemers, asook van sy kontrakteurs, is van die hoogste prioriteit.

“Ons is hartseer oor die tragiese verlies en dra ons meegevoel aan die familie van die oorledene oor, asook ons innige simpatie aan sy kollegas en vriende.”

Voorts het Thomas gesê dat die bestuur van Weatherly, asook die bestuur van BMC, hul samewerking aan die kantoor van die hoofinspekteur van myne met die ondersoek van die ongeluk sal gee.