Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

23.06.2008

Moord op Walvis


DIT was moord en gewapende roof in Walvisbaai se sentrale sakegebied toe die misdaadgolf die naweek twee keer in ‘n enkele nag oor die hawedorp gerol het. Mnr. Awie Brand (58, foto) het in sy restaurant in die middel van die dorp gesterf. Moord!

Dit was ook gister die uitspraak van die polisiehoof in die Erongo-streek, adj.komm. Festus Shilongo. Hy het ook op merkwaardige vordering deur ‘n ondersoekspan gewys wat binne sowat 18 uur die motor opgespoor het waarin die aanvaller(s) van mnr. Brand probeer wegkom het. Komm. Shilongo was optimisties oor Nampol se vordering met die ondersoek, maar het vriendelik gesê hy wil nie in die stadium nadere besonderhede oor die voorval verstrek nie.

Dit kan kosbare inligting vir die verdagte(s) wees en hulle in staat stel om weg te glip. Wyle Awie Brand was in lewe eerder bekend as koerantman, skrywer en digter as ‘n restauranteur van ‘n onderneming by name Die Restaurant, wat hy in sy laaste jare bedryf het.

As joernalis was hy vir ‘n korte tydperk in diens van die destydse Die Suidwester voordat hy hom by die verslagspan van die Namib Times onder redakteurskap van Paul Vincent aangesluit het. Hy was langer as 30 jaar aan dié koerant verbonde en het daar van nuuskadet tot redakteurstatus gevorder. Die polisie het die tyd van die moord gister as omstreeks tienuur Vrydagaand geskat.

Die personeel was toe reeds huis toe met net een man wat saam met mnr. Brand in Die Restaurant was. Aanduidinge is dat hy met ‘n swaar voorwerp oor die kop geslaan is en daarna na ‘n pakkamer gesleep is waar Saterdagoggend teen dagbreek op sy lyk afgekom is. Sy vrou, me. Myrna Brand, en sy dogter, Jeanine, het Saterdagoggend omstreeks eenuur onrustig geraak toe mnr. Brand nie sy selfoon beantwoord het en ook nog nie tuis was nie.

Hulle het by die restaurant ondersoek gaan instel, maar alles was pluis. Die regte ligte was afgeskakel en die deur was gesluit. Mnr. Brand se motor, nou die bewysstuk in die polisie se eerste deurbraak, was egter weg. Saterdagoggend omstreeks sesuur het lede van die familiekring met ‘n tweede stel sleutels weer ondersoek gaan instel en op die makabere toneel afgekom. Beweringe wat nou opgevolg word, is dat op ‘n knopkierie op die slottoneel in mnr. Brand se lewe afgekom is.

‘n Laaste boodskap ná ‘n oproep na wyle mnr. Brand word ook nagespeur. Sowat vier blokke verder het nog geweld in dieselfde nag afgespeel tydens ‘n beweerde gewapende rooftog op ‘n dobbelhuis. Die aard van die beweerde vuurwapen waarmee personeel gedreig sou wees, kon gister nog nie met sekerheid bepaal word nie. Die beweerde buit beloop sowat N$17 000.