24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.09.2009

Monitor Aksiegroep oor Nujoma-uitlatings

Mnr. Kosie Pretorius, voorsitter van Monitor Aksiegroep


Mnr. Kosie Pretoriun
Dit is met groot teleurstelling dat ons kennis geneem het van die berig in The Namibian van 21 September 2009, onder die opskrif, “Founding father talks war again”.

Alhoewel dit hoofsaaklik teen Amerika, Engeland en die “imperialiste” gemik is, het oudpresident Sam Nujoma dit gaan veralgemeen en onder meer gesê, “Let us beat them, not with knopkieries but with hammers in their heads ..... The whites must know that if they continue doing us harm, we will definitely beat them. They must take their hands away from Zimbabwe.”

Volgens art.11 van die “Racial Discrimination Prohibition Amendment Act” van 1991 en 1998 “(Act 26 of 1998) het oudpresident Sam Nujoma hom hier skuldig gemaak aan

“inciting racial disharmony” en sou hy strafbaar wees met ‘n boete van N$100 000 of tronkstraf van nie langer as 15 jaar nie of beide? Desnieteenstaande die opposisiepartye se teenkanting in 2004 (waaroor nagelaat is om enige verbatimverslag te hou vir Hansard) het die Swapo-party meerderheid in die Nasionale Vergadering in die wet oor die “Founding Father” besluit dat hy immuun sou wees teen enige vervolging.

Ook President Pohamba en die sekretarisgeneraal van SWAPO, me. Pendukeni Ithana, se versekering dat Swapo-beleid kollektief bepaal word, lê aan skerwe. Hul oproepe op Swapo-lede om nie provokasie uit te lok nie, het intussen blykbaar ook verval.

As die koerantberig nie korrek was nie, is dit die plig van die “Founding Father” om dit in perspektief te plaas, anders gaan dit die verkeerde boodskap uitstuur en sal dit lei tot wrywing en onstabiliteit wat enige poging tot versoening gaan ondermyn.