24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.08.2010

Molesmakers skuif

© Placido Hilukilwa
Swapo-nasate wat Vrydag uit die Berg Aukas geskop is, met besittings onder ’n doringboom – hul enigste beskutting teen die son.

OPSTANDIGE jeugdiges uit Namibië se vryheidstryd wat Vrydag uiteindelik in opdrag van die Kabinet in ’n groot, gesamentlike operasie deur die polisie en weermag finaal uit ’n tentekamp op Berg Aukas verwyder is en nou kla dat hulle “in die bos” sit, het volgens die permanente sekretaris van Jeug, Nasionale Diens, Sport en Kultuur, dr. Peingondjabi Shipoh, net hulself te blameer.

Golden Nendongo, sy adjudante en ondersteuners se voortgesette intimidering en viktimisering van ander jongmense, doodsdreigemente teen ’n viertal jeugdiges wat tydens die groep se uitgerekte plakkery in Windhoek ’n verskoningsbrief aan die Regering wou skryf en die onlangse oproer in ’n kroeg op Grootfontein, is volgens dr. Shipoh alles ernstige verswarende omstandighede.

Die aanvanklike plan was glo om meer as honderd Swapo-nasate wat van ’n verskeidenheid oortredings beskuldig word, uit die Berg Aukas-kamp te skop, maar net 60 van die beweerde moeilikheidmakers kon opgespoor word toe die polisie en weermag die kamp Vrydagoggend omsingel het.

Die res van die 101 jongmense wie se name op die uitsitlys was, was volgens Nendongo en Nwandingi Moses met “verlof” buite Berg Aukas toe die kamp geskud is.
© Annatjie du Plessis
Die strydjeug se tentekamp op Berg Aukas het verlate gestaan terwyl die polisie en weermag die Kabinet se skoonmaakaksie op die paradegrond voltrek het.

“Al die 314 kampbewoners is op die paradegrond byeengeroep. Diegene wie se name op ’n lys verskyn het, is aangesę om hul besittings in die teenwoordigheid van ’n polisiebeampte te pak en op wagtende NDF-vragmotors te klim,” het Nendongo, die groep se woordvoerder, vertel.

“Ons is onder arres,” het Nendongo in die loop van Vrydagoggend van agter op die bak van ’n NDFvragmotor per selfoon beweer.

Die konvooi is onder swaar polisiebegeleiding na Oshakati, waar die sowat 60 jeugdiges later Vrydag onseremonieel op ’n stuk oop grond in Oshakati afgelaai is.

“Hulle het ons sommer net hierkom aflaai en sonder veel verduidelikings weggery. Hier vertoef ons nou onder ’n boom, sonder kos, sonder water en sonder beskerming teen die elemente, en dit nadat ons ouers hul lewens opgeoffer het om hierdie land te bevry,” het hy gesę.

Volgens Nendongo is jongmense vervoer na hul dorpe van herkoms aangebied, maar het hulle eerder gekies om almal na “Ovamboland” te gaan. “Ons sal nie toelaat dat hulle ons verdeel nie,” het hy tydens die ontvouende drama verduidelik.

“Ons sit in die bosse langs die hoofpad,” het Moses gister gesę. Volgens hom het die polisie die groep se versoek om liewer by die Swapo-hoofkwartier in die dorp af te klim, botweg geweier.

Volgens dr. Shipoh is sowat drie weke gelede uitvoerig aan die Kabinet verslag gedoen oor ’n hele week se dissiplinęre verhore in die kamp. Die bewering dat net ’n handjievol van die beskuldigdes voor die paneel verskyn het, is volgens hom maar net nog ’n liegstorie van Nendongo en ander belhamels.
© Annatjie du Plessis
Die konvooi waarmee opstandige jeugdiges uit die vryheidstryd vroeg Vrydagoggend in opdrag van die Kabinet onder polisiebewaking uit Berg Aukas na Oshakati verwyder is.

Volgens dr. Shipoh is verskeie jongmense inderdaad begenadig, hoewel hy nie presiese getalle wou verstrek nie.

Hy het benadruk dat nadat die “grondwetlike reg” op ’n verhoor aan die hele groep toegestaan is, dit duidelik is dat sommige van die jeugdiges nooit na raad of rede sal luister nie.

Dr. Shipoh het opnuut benadruk dat daar landwyd meer as 7 000 ander jeugdiges uit die vryheidstryd is wat gedissiplineerd en geduldig by hul huise vir opleiding en/of werk wag.

Uit Berg Aukas en van elders is net verlede week weer volgens hom verskeie van die jongmense as werknemers by verskillende Ministeries ingeneem.
Die groep is steeds oortuig dat die Regering vasbeslote is om die probleem van die Swapo-nasate op te los, maar dat “iemand in die Ministerie van Jeug” nie sy werk doen nie.

Volgens mnr. Nendongo bestee die Regering miljoene om die Swapo-nasate op Berg Aukas te voed. “Dit bevoordeel iemand in die Regering en enigiemand wat onregmatighede uitwys, word geviktimiseer,” het hy gesę sonder om verder uit te brei.

Hy het beweringe verwerp dat die groep uit die Berg Aukas kamp geskop is omdat hulle ongedissiplineerd is of dat hulle ander lede teister of onwettig op nabygeleë plase jag. Volgens hom oorweeg die groep regstappe teen die kampbestuurder weens naamskending. “Indien ons inderdaad kriminele oortredinge gepleeg het, sou daarkriminele sake teen ons gewees het,” het hy gesę.

Volgens hom is die werklike rede vir hul uitsetting dat van hulle in Mei na Ondangwa en in Junie na Windhoek gestap het om oor onreëlmatighede te gaan kla.

“Ons het na Ondangwa en na Windhoek gereis, nie as individue nie, maar as verkose verteenwoordigers van die hele groep op Berg Aukas. Om ons nou as sondebokke uit te sonder, is onregverdig,” het hy gesę.

Slegs sewe lede van die groep was teenwoordig toe Republikein die oop spasie by Ekuku, wat tydens die reënseisoen gebruik word om vloedslagoffers tydelik te huisves, besoek het.

“Die res het voedsel- en ander hulp gaan soek,” is gesę.

Hulle oorweeg om vandag met die tersaaklike owerhede in die Oshana-streek in verbinding te tree.

Dani Booysen en Placido Hilukilwa in Windhoek en Oshakati