Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

12.03.2010

Zambië werk saam teen beesdiewe

© Dirk Heinrich, Allgemeine Zeitung
Links is konst. Nghipangelwa Nicanor by sy kollega, konst. Erastus Mwafongeyo, wat in die bors en maag gewond is. Eersgenoemde is in die arm getref. Hulle sterk in die Rooms-Katolieke-hospitaal in Windhoek aan.

NAMIBIË en Zambië is vasbeslote om klaar te speel met die oorgrensbendes wat Namibiese kommunale gemeenskappe met aanvalsgewere terroriseer en hul beeste steel.

Die Namibiese polisiehoof, lt. genl. Sebastian Ndeitunga, sê die polisie in Caprivi kry uitstekende samewerking van hul Zambiese eweknie.

Ofskoon die Namibiese polisie nog niemand in hegtenis geneem het in verband met die voorval anderhalfweek gelede toe lede van die taakmag deur gewapende beesdiewe in Zambië met AK-47’s in ’n hinderlaag gelei en aangeval is nie, is die polisiehoof oortuig dat ’n deurbraak binnekort gemaak sal word.

Lt.genl. Ndeitunga sê hoewel hy nie taktiek kan bespreek nie, kan hy inwoners van die Caprivi verseker dat die bilaterale samewerking tussen Namibië en Zambië oor hierdie veiligheidskwessie uitstekend is.

Intussen sterk die twee taakmaglede wat in die aanval gewond is, goed aan.

“Die dokters by die Rooms-Katolieke hospitaal wat hulle behandel, het vir my en dr. Nickey Iyambo (Minister van Veiligheid en Sekuriteit) verseker hulle is in goeie hande en dalk binnekort ontslaan kan word.”

Konst. Erastus Mwafongeyo is in die bors en maag gewond en moes ’n noodoperasie ondergaan. Sy kollega, konst. Nghipangelwa Nicanor, is in die arm gewond. Ook hy moes geopereer word.

Volgens die polisiehoof sal hulle dalk in die toekoms verdere operasies moet ondergaan. Die twee gewonde polisiemanne was lede van ’n agtmanspan van die taakmag wat ’n roofbende agterna gesit het wat 24 beeste by Sibinda in Caprivi gesteel het. Waarskynlik sonder dat hulle daarvan bewus was, het hulle die grens na Zambië oorgesteek. Die rowers moes hulle hoor kom het, want hulle het ’n hinderlaag gestel en met AK-47’s op die taakmaglede losgebrand.

Volgens lt.genl. Ndeitunga intimideer struikrowers uit Angola en Zambië reeds geruime tyd die inwoners van klein nedersettings teenaan die grens.