Wonderwerk ná gewapende roof

Dit is ?n wonderwerk dat mnr. Piet Bergh van Leonardville nog leef nadat hy Vrydagoggend by ?n slaghuis in Eros in die hoofstad tydens ?n gewapende roof geskiet is, meen familie en medici. ?Die dokter het vir ons gesê Piet was reeds potblou toe hy by die hospitaal aankom. Dit is ?n wonderwerk dat hy leef,? het sy suster, me. Magda Smith, gister aan Republikein gesê. ?As Johan van Rooyen (die slaghuis se eienaar) nie dadelik met Piet hospitaal toe gejaag het nie, sou Piet dit nie gemaak het nie,? het sy gesê. Bergh is tans in ?n stabiele, maar ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van ?n private hospitaal in Windhoek.

Die skokvoorval het ná 09:00 Vrydag in die parkeerterrein van Windhoek Meat World in Eros afgespeel toe Bergh vleis daar wou aflewer. Hy het toe reeds vleis by ?n ander slaghuis afgelewer waar hy kontant ontvang het. ?Piet kan alles onthou totdat hy geskiet is,? vertel Smith. ?Hy het by die parkering gestop en sy werker het in die slaghuis ingegaan om vleis af te lewer. Die volgende oomblik was daar vier mans, twee langs hom en twee aan die passasierskant, en twee skote is afgevuur.? Bergh is in die wang getref. Ooggetuies het ook bevestig dat hulle twee skote gehoor het en dat Bergh se ligte Mercedes-vragmotor agteruit beweeg het. ?Die eienaar van die slaghuis het uitgestorm en Bergh se vragmotor tot stilstand laat kom en hom dadelik in sy voertuig gelaai en hospitaal toe gejaag.? Volgens polisiebeamptes het die gewapende rowers in die rigting van Robert Mugabe-rylaan gehardloop en in ?n taxi gevlug.?n Polisiebeampte het sy ontevredenheid uitgespreek met omstanders op die toneel wat nie op die taxi se identifikasiemerk gelet het nie. ?Daar is mense wat gesien het hoe die gewapende rowers vlug, maar nie die polisie gebel het nie.? Smith sê die rowers is met kontant van N$45 000 van Bergh vort. Die polisie was dadelik in groot getalle op die toneel en ?n helikopter is ingespan om na die verdagtes te soek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. Volgens Smith is Bergh in die wang getref.

Sy kakebeen en sinusholtes is vergruis, ?n aar is in sy nek beskadig wat ligte bloeding op die kleinbrein veroorsaak en sy tweede nekwerwel is beskadig. Sodra die swelsel sak sal die koeël wat millimeters van sy nekwerwel sit, verwyder word.

?Gelukkig het hy geen breinskade of skade aan sy rugmurg opgedoen nie. Hy kan met ons kommunikeer en het selfs al grappies gemaak,? het sy gesê. Bergh se buurvrou, me. Annalize Burger, verskaf twee keer per dag namens die familie die nuutste nuus oor sy toestand op Republikein se Facebook- blad. ?Tesame met die bloeding op die brein, het ook edeem ontstaan wat na die brein opstoot.

Die medici het vir Piet ?n lugpypinsnyding gegee om sy asemhaling te vergemaklik en hou hom onder sterk verdowing. Hy sal vir minstens twee tot drie weke stil moet lê,? het Burger geskryf. Smith het gisteraand geskryf dat haar broer gisteraand nog onder verdowing was, ?maar verstaan en hoor my toe ek met hom praat met die druk van my hand. Hy maak nou en dan sy oë ook oop.? Voorts ly Bergh aan diabetes en hoë bloeddruk.

Bergh boer op die plaas Maramba naby Leonardville en het ook ?n slaghuis op die plaas van waar hy kaapkarkasse en verwerkte vleisprodukte soos biltong en droëwors aan verskeie slaghuise lewer. Hy is getroud met Catherine en hulle het ?n 12-jarige dogter en vyfjarige seuntjie.

Op Republikein se Facebook-blad het meer as honderd lesers kommentaar oor die skokvoorval gelewer, veral omdat dit in dieselfde week as die moord op mnr. Piet van Helsdingen (49), ook van die Gobabis-distrik, plaasgevind het

Kategorie: