DIE veediefstal-eenheid van die polisie op Bethanie in die Karasstreek rig ’n versoek aan die publiek om te help met die opsporing van Willem Richter, wie se getuienis in ’n veediefstalsaak van November 2009 benodig word.
Pogings van die polisie om hom op te spoor en ’n vorige beroep op die publiek in Oktober verlede jaar het tot nou geen vrugte afgewerp nie.
Richter was tevore op die plaas Mooiplaas in die Bethanie-distrik werksaam. Hy woon glo tans op ’n plaas in die Hoachanas-distrik in die Hardapstreek.
Richter self of enigiemand met inligting oor sy doen en late word gevra om met sersant Victor Arnold by 081 279 2763 of sersant Willem Eelu by 081 287 6647 of by 063-283001 in verbinding te tree.