
Die polisie by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako het in die vroeë oggendure van Woensdag vyf verdagtes in die gebied aangekeer wat drie koedoes en twee hartebeeste onwettig gejag het. Die karkasse is op die pad na Nina, sowat twee kilometer van die lughawe oor ’n afstand van vyf kilometer van mekaar gevind. Van die diere was onthoring en ander se bene was afgesny om die karkasse makliker te vervoer. Daar is ook op ’n sedanvoertuig, ’n jaggeweer met ’n teleskoop en skietlampe beslag gelê. Die vyf verdagtes word by die polisiekantoor op die lughawe aangehou en sal môre in die hof in Katutura voorkom. Natuurbewaarders van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme staan by die karkasse.