24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Vet beloning ná huisinbraak



’n BELONING van N$100 000 word aangebied vir die suksesvolle inhegtenisneming en vervolging van twee vermeende inbrekers wat vroeg gisteroggend by die Windhoek Golf Estate toegeslaan het.

Die veiligheidskameras het twee mans (foto) omstreeks halfvier in die oggend op video vasgevang en die inwoners is oortuig hulle is die skuldiges. “Dit is gedurende die inbraak afgeneem,” het een inwoner gesê. Verskeie waardevolle items is gesteel en die inwoners van die gholflandgoed is nou behoorlik keelvol. “Daar word ingebreek terwyl ons in die huis lê en slaap,” het ’n vrou gister aan Republikein gesê.

Dit is ook nie die eerste keer nie. Volgens haar was in 2010 nagenoeg 26 inbrake aangemeld en dit is tyd dat die sekuriteit reggeruk word.

“Ons kan nie sê dat die inbrake deur dieselfde persone uitgevoer word nie, maar ons weet hulle verkry toegang van die gholfbaan se kant af,” het sy gesê.

Op die vraag oor die groot beloning het sy geantwoord dat veiligheid baie belangrik is en dat inwoners veilig wil voel. Enigiemand met inligting oor die inbrake, moet so gou as moontlik met die stadspolisie in verbinding tree.