24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2010

Vermiste geld steeds spoorloos

BUITELANDSE valuta van nagenoeg N$3,6 miljoen wat as bewysstuk by die streekhof in Katutura ingehandig moes word, is steeds spoorloos.

Die 431 492 Amerikaanse dollar waarop in 2007 beslag gelê is toe die Chinese burger Jianguo Chen (48) dit by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako wou uitsmokkel, het in 2009 uit die bewysstukkamer verdwyn.

Chen is intussen skuldig bevind op klagte van oortreding van regulasies kragtens die Wet op Doeane en Aksyns, die Wet op Valutabeheer en omkopery. Hy is deur landdros Sarel Jacobs tot ’n gesamentlike bedrag van N$50 000 of vier jaar beboet.

Me. Cothilde Thijo, die klerk van Katutura landdroshof, het tydens strafverrigtinge onder eed getuig dat die geld wel gedurende Februarie 2008 as bewysstuk by die klerk van die hof ingehandig is, maar dat dit intussen verdwyn het uit die kluis waarin bewysstukke gestoor word.

’n Saak van diefstal is by die polisie aanhanging gemaak. Na wat verneem word, is niemand in hegtenis geneem nie en is tot op hede geen dissiplinêre stappe ingestel teen personeel wat toegang tot die kluis gehad het nie.

Kragtens artikel 35 van die Strafproseswet kan die staat nie aansoek doen vir die verbeurdverklaring van bewysstukke aan die staat indien die bewysstukke verlore geraak het nie.