24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


23 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Stadspolisie trap tjekbedrieërs vas

© Herbert Ermann
Die motor waarmee die bedrieërs gery het.

GOEDERE ter waarde van duisende dollar is teruggevind na die Windhoekse stadspolisie twee bedrieërs in hegtenis geneem het wat met ’n gesteelde tjek vir die items wou betaal.

Die eienaar van Namibia Paints & Tools, mnr. Herbert Ermann, is op sy hoede geplaas toe twee mans hom in sy sakeonderneming in die Prosperita-nywerheidsgebied besoek het om kwotasies vir gereedskap en ander toerusting te vra. Hy sê die twee mans was baie netjies geklee en het met ‘n wynrooi Audi A4 gery wat die indruk skep dat hulle erns het met die aankope.

“Ons het die kwotasie aan hulle gegee en na ’n tydjie het iemand ons geskakel en gesê dat hulle die goedere benodig en die geld in ons bankrekening sal inbetaal. As gevolg van die berig in Republikein vroeër die week was ek onmiddellik op my hoede en het die stadspolisie geskakel.”

Beamptes van die stadspolisie het die skelms by die onderneming gaan inwag en toe hulle met ’n gesteelde tjek daar opdaag, is hulle in hegtenis geneem.

Altesaam vyf mans vorm die bedrogsindikaat wat probeer het om Namibia Paints & Tools te besteel, maar net twee is in hegtenis geneem. Die ander lede word gebruik om oproepe na ondernemings te maak en om die goedere te gaan oplaai.

Die mans het eers met die wynrooi Audi by die winkel opgedaag en toe hulle die voorraad kom oplaai, het hulle met ‘n Toyota-bakkie hier opgedaag. Die mans het kort voor 16:00, die tyd wat handelsbanke in Namibië sluit, met die tjek by die onderneming aangekom.

Die tjek, wat gesteel is en vir ‘n bedrag van N$23 888 uitgemaak is, behoort aan ene mnr. Bester en die polisie het na die voorval na hom begin soek om uit te vind wanneer sy tjekboek gesteel is.

Die bakkie waarmee die bedrieërs by die onderneming opgedaag het, behoort aan ‘n vrou van Katutura. Die skelms het haar seun by die enkelkwartiere van die woonbuurt gevra om hulle te help om sinkplate te gaan oplaai.

Tydens sy inhegtenisneming het die jong man aan die stadspolisie vertel dat die mans hom N$150 sou betaal het vir die gebruik van die bakkie. Die jong man beskik ook nie oor ‘n bestuurderslisensie nie.

Mnr. Ermann het die stadspolisie na hul kantoor in Bismarckstraat vergesel om die goedere wat die mans wou steel, uit te ken en om die klag teen hulle te formuleer.

“Die vermetelheid of domheid om so ‘n streek te probeer na ‘n waarskuwing in die koerant verskyn het, wys dat die mense geen respek vir enige iemand of die land se wette het nie. Op grond van die berig, het ons gelukkig geen skade gely nie.”

Die sindikaatlede is daarna na die polisiekantoor in Windhoek geneem waar formele klagte teen hulle aanhangig gemaak is.